saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Nicolise Wessels

Married on Sep 23, 2017 in Western Cape

Alles het eintlik reeds 17jaar gelede begin toe ons mekaar ontmoet het 1999. Dit was ongelukkig nie vir ons beskore om op daardie stadium saam te wees nie en ons is uitmekaar en ons is elkeen ons eie rigting in. Getroud en elkeen 2 kinders uit ons eerste huwelike het ons soms met die verby gaan in 'n mall mekaar raakgesien, vinnig gegroet en maar weer ons eie rigting gegaan. Stephanus is geskei en het in Wellington gevestig as plaasbestuurder by Bakenhof. Ek is toe ook intussen geskei en steeds in Worcester waar ons ontmoet het destyds.
Hy het een aand by vriende gekuier wat so terloops gevra het of hy weet dat ek ook geskei is en ja hy het my kom opsoek wat alles begin het met 'n "whats app" boodskap en dit was weereens net liefde...asof 17jaar nooit tussen in was nie. Geseend met 'n tweede kans saam en ewige geluk het ons sprokiesverhaal se eerste hoofstuk begin op 23 September 2017 by LA FERME DERIK nadat alles deur die Here vir ons bevestig is met elke hoofstuk se skryf en vraag of dit die regte rigting is.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Dit was beslis die beste dag van ons lewe. Familie en vriende is vir ons verskriklik belangrik so om dit met hulle almal te kon deel was sekerlik die grootste seen. Ons kinders het absoluut prentjie mooi gelyk.
Ons kleurskema was wit, silwer en groen... (Simbolies - Wit & groen is ons skoon vars begin saam as man en vrou ,
Silwer - silwer rand om elke wolkie )
Alles was ons sprokiesverhaal en net perfek!!!

The Honeymoon

 

Ja ons was bietjie weg gewees Knysna toe. Teniqua Treetops in die natuur wat ons albei geniet....ons het elke dag 'n ander deel besoek , diere gaan kyk en beleef... was heerlik en so kosbaar.

Wedding Gallery

 

My Special Day

My rok was 'n kombinasie van waarvan ek hou en waarvan Stephanus hou. Grimering is gedoen deur Donna Taylor en hare deur Jomare Erasmus en alles was net natuurlik. Ons is plat op die aarde mense.

The Venue

La Ferme Derik in Wellington.

My Bridal Beauty Regime

Nee

Wedding Elements

So min as moontlik met daardie ietsie wat die "WOW" faktor is... Blomme was slegs handruikers en skouer ruikers. Op tafels was groen takkies. (Ons het alles in Jolene se hande gelos en sy het ons asem weggeslaan)

My Groom And His Groomsmen

Stephanus het besluit op diep donkerblou / byna swart broek met 'nwit langmou hemp (moue opgerol) en 'n groen / blou onderbaadjie en sy jare lange boesem vriend van skool af was sy strooijonker en hy het dieselfde gedra.

Ons kleine prinsie het ook 'n deftige broek, met wit hemp (opgerolde moue) en onderbaadjie (groen) gedra.

Beautiful Bridesmaids

My strooimeisie is 'n jarelange hartsvriendin. Ons het baie dieselfde smaak en het met die soektog dieselfde bostuk raakgesien en besluit op die lang regaf rok met die bostuk met bandsjies van kant. (groen en silwer/wit)

Ons blommemeisies was ons 3 dogters Sonel, June en Theone. Hulle het groen en silwer rokkies gedra met kant wat bo-oor die satyn material gewerk is.

Marriage Officer

Ds Danie Le Roux van NG Kerk Brandwacht gemeente in Worcester

My Captured Moments

Videograaf was Stephanus se neef Charl van As en sy kollega Niel wat in die film industrie is en hulle het elke kosbare oomblik en meer vir ons vasgele.

Fotograaf is 'n kosbare vriendin van baie jare Inge Greyling (Inge Greyling Fotografie) wat absoluut haar passie uitleef met fotografie.

The Wedding Planner

Nee ons het allesself gedoen en by die Venue het Jolene Spies gesorg vir alles van dekor tot kos en net die perfekte dag / aand (La Ferme Derik, Wellington)

Wedding Transport

Stephanus het 'n liefde en passie vir karre en hy het op die ou motor besluit. Pragtig gewees.

Food & Cake

Johlene Spies en haar span het alles hanteer van die ete. Fantasiese spyskaart en dit was heerlik!!

Troukoek is gemaak deur "The Cake Lady" in Paarl

Wedding Stationery

Inge Greyling ons fotograaf

The Reception and Entertainment

DJ Glen het gesorg vir die musiek en klank. Ekstra beligting was nie nodig nie. Nee ons het geen danslesse geneem nie.

Wedding Services Used

 
Bakenhof Winelands Venue

Bakenhof Winelands Venue

Crowned as one of the “Top 10 Wedding Venues in the Winelands”, this glamorous glass venue offers unbeatable value and magnificent views

Bride&co

Bride&co

Bride&co is your one-stop wedding and evening wear retail store.