saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Lisa-Marie Viljoen

Married on Nov 26, 2021 in Free State

 

Voting has closed for Bride of the Year 2021

Click here to open the 2021 competition page

Magical Moments

 

Ons troudag was die laaste deel van 'n hoogtepunt van maande se beplanning, stres, lag, huil, ontwerp, en uitmaak van baie groot tjeks wat ons 'n bietjie aan die binnekant laat doodgaan het. Ons groot dag het uiteindelik die voorbereiding en moeilike gesprekke afgesluit wat ek en my man gehad het met mekaar.

Ek onthou dat ons vir onsself gesê het om ons spesiale dag te geniet, en ook om te weet dat daardie dag net die eerste dag van ons roeping teenoor mekaar was. Daardie dag was 'n warrelwind—van emosies, van tyd. Die prentjie is 'n bietjie vaag as n mens terugkyk, want die hele dag het net verby gevlieg. Dit was nie soos enige van die romantiese komedie-troues op flieks wat ons al gesien het nie, maar dit was 'n mengsel van liefde, geluk, senuwees en opwinding.

Ek het daardie oggend wakker geword en het met pure kalmte uit die bed geklim, met die wete dat ek op die punt was om op 'n baie geestelike manier by my man aan te sluit. Ek het my grimering en hare laat doen, en kon die hele oggend nie ophou glimlag nie. Daar was ook n paar oomblikke van gelukkige trane terwyl die tyd al hoe nader beweeg het.

Daardie dag het ons lewe saam werklik begin. Ons was in 'n verhouding en het al saam gewoon vir elf jaar voor ons troudag, en van die elf jaar was ons vier jaar voor ons troudag verloof. Nadat ons gereed gemaak het en ons foto's geneem het, was dit tyd vir die seremonie om in 'n pragtige kapel op ons gekose lokaal te begin. Ons was saam met vriende en familie wat daardie dag daar was om ons unie te vier. Met my aankoms was ek ontmoet deur my pa, 'n man vir wie ek baie jare lank liefgehad het en na opgekyk het, en in daardie oomblik van pure geluk kon ek sy oë sien opswel met trane, voordat ek met hom in die gang na my sielsgenoot afgestap het.

Na die kerkdiens en die aflegging van ons geloftes is ons uiteindelik as man en vrou voorgestel. Ons was albei oorweldig met liefde, opgewondenheid en vreugde. Ons het die kapel verlaat en is gegroet deur al ons gaste wat ons met gedroogde roosblare as konfetti gegooi het. Na daardie oomblik was dit een groot feesviering en mengsel van elke gas se emosies van geluk en goeie wense vir ons. Ons het 'n tipiese formele troue gehad wat die sny van ons koek, ruiker gooi, toesprake, danse, eet, ens ingesluit het.

Soos die aand tot 'n einde gekom het, was ons oorweldig met gevoelens van liefde en vreugde vir mekaar. Ons het ons gaste gegroet en na ons wittebroodsuite gegaan. Ons het die hele nag wakker gebly om ons geskenke oop te maak en ons geliefdes se boodskappe van goeie wense vir ons toekoms saam te lees. Ons weet albei dat niks in hierdie wêreld ooit perfek is nie, maar vir ons was ons droomdag "perfectly imperfect".

The Honeymoon

 

Zanzibar

Wedding Gallery

 

My Special Day

Hair: Ryno Cillian
Make-Up: Savage Beauty Hair And Make-Up
Jewellery: American Swiss

The Venue

Benedetto On Vaal

Wedding Elements

Decor: Benedetto On Vaal
Flowers: Executive Flowers Parys
Cake: Le Petit Artisans
Photobooth: Two Balloons And A Van

Beautiful Bridesmaids

Bridesmaids Dresses: Werner Dey Couture Parys

Marriage Officer

Ds. Ferdi Nortje

My Captured Moments

Photigrapher: Stella Uys Photography
Videographer: First Kiss

The Wedding Planner

Benedetto On Vaal

Food & Cake

Benedetto On Vaal

Wedding Stationery

Prints: Its Ink Parys
Designed: Personally

The Reception and Entertainment

DJ: DJ Andrew Spectacular Events
MC: DJ Andrew Spectacular Events