saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Juanine Cherie Rautenbach

Married on Dec 12, 2020 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2020

Click here to open the 2020 competition page

Magical Moments

 

Ek en Évan, die man van my Drome, Liefde van my Lewe, het besluit om te trou op 12 Desember 2020.

Ons spreek - woord of leuse is "SAAM -SAAM". So het ons ook ons sprokies- troue saam - saam haarfyn beplan en ons het geweet dit gaan 'n dag wees wat ons vir altyd sal koester. Onbeskryflik mooi en spesiaal het ons die dag saam ons hartsmense, vriende en familie gevier.

Ons het in die Hemel en Aarde Vallei getrou by La Vierge Wynlandgoed te Hermanus. My rok was spesiaal ontwerp en gemaak deur Elizabeth Stöckenstrom van Durbanville, Kaapstad.

Ek was geinspireerd om 'n moderne - vintage en klassieke rok, tema en dekor vir ons troue te kies. Met COVID was die beperking op 60 gaste. My gunsteling blom, die King Protea was in oorvloed versier op my tafels, ruiker en oral moontlik.

Ons het 'n fantastiese tyd gehad, lekker gedans en baie pret en plesier gehad! Ongelukkig het die tyd so vinnig verby gevlieg en toe ons, onsself weer kon kry was alles verby in 'n oogwink. Ek en my man het toe die lieflike aand afgesluit by die bekende Arabella Hotel en Spa.

Ons troue was 'n baie besonderse spesiale dag vir ons almal en ek dank God dat hy Sy seën en hand oor ons huwelik vir altyd sal hou.

The Honeymoon

 

As gevolg van Covid kon ons ongelukkig nie Mauritius toe gegaan het soos ons beplan het nie, maar het toe na die legendariese 12 Apostles Hotel en Spa in Kaap toe gegaan en daarna na die bekende Beacon Island in Plettenbergbaai. Ons was ook na die asemrowende Tsitsikamma Nasionale Park en die Protea Hotel in Mosselbaai toe.

The Honeymoon

 

As gevolg van Covid kon ons ongelukkig nie Mauritius toe gegaan het soos ons beplan het nie, maar het toe na die legendariese 12 Apostles Hotel en Spa in Kaap toe gegaan en daarna na die bekende Beacon Island in Plettenbergbaai. Was ook na die asemrowende Tsitsikamma Nasionale Park en die Protea Hotel in Mosselbaai toe.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ek was geinspireerd om 'n moderne - vintage en klassieke rok, tema en dekor vir ons troue te kies. Elizabeth Stockenstrom van Durbanville het die mees pragtigste rok ontwerp en gemaak. Ek was so verlief op my rok.

Elizabeth Stockenström

Elizabeth Stockenström

Elizabeth’s gowns are the ultimate in femininity, romance and sensuality. She has built an enviable reputation for creating exquisite bridal gowns, using only the best fabrics.

The Venue

Ons het getrou in die pragtige Hemel en Aarde Vallei by La Vierge Landgoed in Hermanus.

My Bridal Beauty Regime

Spa behandeling by 12 Apostles, my eie tande gebleik soos gewoonliik, en baie water gedrink sodat my vel in'n fantastiese toestand kon wees vir my spesiale dag!

Wedding Elements

Ek het natuurliik by mees gesogste blom in oorvloed gehad op my troue, nl die Protea en Rose. Van King Proteas en allerhande Fynbos Proteas was gerangskik op die tafels en orals te sien. Dit was aswemrowend mooi, Daar was ook wit rose in my ruiker saam die King Protea en natuurlik rose tussen die tafelruikers en op die koek as versiering. Die rose het 'n mooi sagtheid gegee tussen die klomp Proteas.

Ons het "Events 4 U" genader vir die glas "underplates" en "jade" kleur tafel servette wat 'n sagte vintage en klassieke styl gegee het. Ons het ook natuurlik verskriklik baie groot kerse vollop gehad en "floating candles" in glas vase. Dit het 'n sagte en romantiese gevoel geskep.

My Groom And His Groomsmen

My man het sy uitrusting en mooi blou hemp by La Coste gekoop.

Beautiful Bridesmaids

My 11 jarige dogtertjie, Mila was my strooimeisie; ek het spesiaal vir haar 'n mooi rokkie laat maak van kant en sjiffon.

Marriage Officer

Ons Pastoor was Corné Kemp van die NG Gereformeerde Kerk in Hermanus.

My Captured Moments

Ons was baie geseënd om twee fotograwe te kon hê, Alisha Beukes van AB Photograpy en Danica van Confetti Photograpy.

The Wedding Planner

Ja, Elmarie Capes van Ama-Awesome het my gehelp met alle reëlings en dekor.

Wedding Transport

My goeie vriend Johan Breugem het my en Mila (my strooimeisie) by die hotel kom oplaai met sy Mercedes C63 AMG.

Food & Cake

My kos was uitstekend en so smaakvol. Top klas en uit die boeke. Was gemaak deur Bruce Henderson van La Vierge.
Troukoek, smaakvol en 'n kunsskepping gebak deur Charlotte Oosthuizen van Krummels.

Wedding Stationery

Ek het dit ontwerp, maar Elmarie Capes van Ama- Awesome het dit spesiaal laat druk en uitgegraveer.

The Reception and Entertainment

Ons het Francois Swart gebruik vir musiek en DJ. Ons het 'n paar dans klasse bygewoon by Lorette Streicher wat dansklasse afrig te Hermanus.

Wedding Services Used

 
Elizabeth Stockenström

Elizabeth Stockenström

Elizabeth’s gowns are the ultimate in femininity, romance and sensuality. She has built an enviable reputation for creating exquisite bridal gowns, using only the best fabrics.