saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Anushka Kotze

Married on Dec 12, 2020 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2020

Click here to open the 2020 competition page

Magical Moments

 

Die beste deel van die dag was toe ek by die padjie afstap saam met my ma oppad na Johann toe. Ek het nie eers die musiek gehoor speel nie. Ek het net vir my "amper man" gekyk, en toe ek by hom kom voor die kansel het daar 'n rustigheid oor my geval en ek het geweet dat ek trou met by beste vriend en sielsgenoot, die man wat ons hemelse Vader vir my gestuur het.

The Honeymoon

 

Ons het die dag na ons troue Piekenierskloof Mountain Resort toe gegaan vir 'n week. Dit was ongelooflik mooi en die kos was amazing! Daarna is ons Struisbaai toe en het die tyd alleen nodig gehad na die rowwe jaar wat ons gehad het. Ons wittebrood was baie rustig en ons het maar meeste van die tyd binne gebly, maar en ek sou dit vir niks verruil nie.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ek het in Februarie 2020 my trou rok, veil en garter gekoop by Bride&Co Canalwalk. Ons het die vriendelikste diens daar ontvang. Kort daarna het Covid gebeur en my rok het in die kas gehang vir 'n lang tyd... ons het nie geweet of ons wel sal mag trou in Desember nie. Toe ek my rok einde Oktober geneem het na Bride&Co toe het hulle my verseker dat my rok se verstellings reg sal wees 3 weke voor my troue. Hulle het my so gerus laat voel en die rok was perfek!

Ons trou ringe het ons by Van Deijl laat maak. Hulle het ons omtrent op die hande gedra en het vir ons presies gegee wat ons wou gehad het.

Monita van Moon Orchid Makeup het my grimering gedoen vir die groot dag en Zeah Rivalland het my strooimeisies se grimering gedoen.

The Venue

Ons sprokies troue het by Groenrivier in Riebeeck Wes plaasgevind. Ons kon nie 'n mooier plek gekies het nie. Die strooimeisies en strooijonkers het op die venue self gebly en die gaste het in die dorpie self verblyf gekry wat gelukkig baie naby aan die venue is. Magdel en haar span by Groenrivier is absoluut amazing en alles het seepglad verloop met die hulp van Trunk Events wat die dag koördineer het.

Groenrivier Function Centre

Groenrivier Function Centre

A wonderful country venue set in the heart of one of Cape's most beautiful valleys.

Trunk Events

Trunk Events

Tracy Branford of Trunk Events offers a very personal service and plans all the weddings of her couples with a very hands-on and loving approach.

Wedding Elements

Ons dekor was gedoen deur die awesome span Trunk Events! Hulle het soveel aandag gegee aan dit wat ons wou gehad het. Die blomme was gedoen deur Kweekstudio. Dit was mooier as wat ons ooit gedink het dit sou wees!

Trunk Events

Trunk Events

Tracy Branford of Trunk Events offers a very personal service and plans all the weddings of her couples with a very hands-on and loving approach.

My Captured Moments

Zandri du Preez Photography het ons dag vasgevang en die fotos is ongelooflik mooi. Hulle het elke oomblik van die dag vir ons rustig laat voel en het ons gereeld laat lag om die senuwees te kalmeer.

Ons het ook 'n videograaf gehad, Lara Engelbrecht Videography.

The Wedding Planner

Trunk Events was die koördineerders vir ons groot dag. Tracy en Kim en hulle span was awesome! Elke keer wat ons nog gedink het ons iets nodig het, was hulle al daar om ons te help. Ons kon nie vir 'n beter span gevra het om die dag perfek te laat verloop nie.

Trunk Events

Trunk Events

Tracy Branford of Trunk Events offers a very personal service and plans all the weddings of her couples with a very hands-on and loving approach.

Food & Cake

Malita Joubert Catering het ons kos verskaf en dit was lip-lek-lekker!!! Die kos was betyds en alles was perfek! Die kelners was ook ongelooflik vriendelik en altyd daar as iemand iets wou hê.

The Reception and Entertainment

DJ Anker was ons DJ gewees en hy weet presies hoe om mense op die dansvloer te lees. Hy het ook alle klank verskaf sovel as sy eie beligting

Ons het geen danslesse gehad nie.

Wedding Services Used

 
Trunk Events

Trunk Events

Tracy Branford of Trunk Events offers a very personal service and plans all the weddings of her couples with a very hands-on and loving approach.

Groenrivier Function Centre

Groenrivier Function Centre

A wonderful country venue set in the heart of one of Cape's most beautiful valleys.