saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Anel van Wyk

Married on Aug 3, 2019 in Mpumalanga

 

Voting has closed for the 2019 competition!

Click here to see the 2019 competition results!

How did your love story begin?

 

Dit het als begin deur 'n vriendin wat baie graag na 'n braai wou gaan waar die vriend was, maar die vriend se pel is ook daar (die eienaar van die huis-Mnr.Venter) wat onlangs uit n egskeiding uit gekom het wat absoluut niks wou weet van vroumense nie. So vertel sy my dat ek geen keuse het as om saam te gaan! So begin ons plannetjies dat as die twee mans dalk ongeduurtes was ons dadelik in my voertuig sou klim en se my Seuntjie het koors. Min wetend dat als 'n sukses sou wees en die Ironie van die saak sal wees dat ek Mnr Venter na 5 Jaar op trou sal staan.

Dit was van Seeing is believeing... so kon ons nie ons oë van mekaar afhou en het ons avontuur gesprekke begin till non stop. Voor ons weer sien was dit tyd vir totsiens se.
Die volgende week moes ek gaan vir 'n werksonderhoud waar daar n Bloedrooi roos bo op my voertuig se Windscreen gele het met die booskap van : " Ek kan jou nie uit my gedagtes uit kry nie, daar is 'n moontlikheid dat jy my weer kan laat glo in liefde Jou secret admirer" Ek het die roos gegryp, geskreeu, gedaans, gesing van blydskap, min wetend weet ek dat Mnr.Venter agter my binne in 'n kompleks staan en vir my kyk nie.

So kruip hy weg, die eienaar van die winkel vra is alles reg Mnr. hy se toe "Nee daai is my trou vrou"!!

Tell us all about the proposal.

 

...een van ons Meesterstuk memories... 2 Augustus 2017 op die Old Wollow Houseboat, Vaalrivier het Mnr. Venter die JA woord gevra. Gelukkig was daar 'n jong getroude paartjie wat ons grootste omblik kos vasvat.
Moenie vergeet dat Mnr .Venter ook sy vistok lyne binne in die Vaalrivier het nie. Dit was asof dit haarfyn beplan was...net na ek die Ja woord gegee het -het twee van sy vistokke gelyktydig gehardloop en is Mnr .Venter van sy kniee af en met die gestoei van twee vistokke en 'n gehuil van blydskap oor die JA woord wat ek gegee het kon hy nie regtig deur een enkele oog sien nie.....en is hy toe baie gelukkig om 'n Groot Karp te kon uit trek.

Wedding Gallery