saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Sarle Visser

Married on Nov 30, 2019 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2019

Click here to open the 2019 competition page

Magical Moments

 

Ons troue was 'n sprokie en presies wat ons wou gehad het. Ons was geseënd met die mooiste weer waarvoor enige bruid kon vra. Met 'n temperatuur van 22 grade het als perfek verloop soos ons dit wou gehad nie. Ons het in Slanghoek aangetrek waar ons gelag, gehuil en mooi gemaak het. 'n Oomblik wat ons sal onthou is toe die MCC bottel val en borrels orals skiet.

Ons het in die hartjie van Rawsonville getrou waarna ons gaste vertrek het na die onthaal wat teen die berge van Rawsonville was in 'n plaas stoor met die mooiste uitsig oor die wingerde.

Die saal was toe onder blomme en almal het lekker gekuier en mooi gelyk. Daar was gesing, gedans, gekuier en gelag tot 05:00. 'n Regte plaas troue soos net Rawsonville dit kan hou.

Ons sal niks van hierdie dag wou verander nie behalwe dat ons dit weer wil oor hê.

The Honeymoon

 

Ons het die voorreg gehad om Bali te besoek vir twee weke. Ons was die eerste deel in Kuta en daarna Ubud toe. Ons het alle water aktiwiteite wat daar was gedoen en plekke besoek wat ons graag wou. Sal dit definitief vir enige iemand aanbeveel

Wedding Gallery

 

My Special Day

My rok is ontwerp deur Mercia du Toit. 'n Lang kant rok wat presies gelyk het soos ek dit wou gehad het. Juwele is als deur Viljoen juweliers gedoen.

My hare was in 'n "up style" gedoen om die fokus op my rok te hou waar al die detail was. My make up het ek gegaan met 'n elegante, stylvolle grimmering om by my rok te pas. Dit was ongelooflik!

The Venue

Ons het in 'n plaas stoor getrou wat ons omskep het in 'n venue. Met meer as 200 gaste het ons daar gekuier tot sonopkoms!

Wedding Elements

Blomme het 'n baie belangrike rol gespeel by ons omdat dit jou saal maak of breek. Ons het "all over" met die blomme gegaan om dit 'n sprokies dag te maak wat ons altyd sal onthou. Ons het alle tipe blomme en kleure gebruik om dit soos 'n sprokie te laat lyk!

My Groom And His Groomsmen

Die mans was aangetrek deur Eurosuite. Hulle het vir die navy pakke gegaan met elkeen 'n unieke tipe sokkies wat by hul gepas het. Almal het navy dasse gedra en die bruidegom het gegaan vir 'n "Floral" das

Beautiful Bridesmaids

Die bruidsmeisies se rokke is ook gemaak deur Mercia du Toit. Ons het gegaan vir iets blink maar nogsteeds elegant en deel van ons tema. Hulle rokke was rose gold met titsels pienk in. Elkeen kon 'n toppie van hul keuse kies maar almal se rompe was dieselfde.

My Captured Moments

Ons was gelukkig om 'n fotograaf en videograaf te kon hê. Ons het vir Oliv Photography en Digital video production gebruik was die spesiale oomblikke vasgevang het.

The Wedding Planner

Ons het als self gedoen en nie van 'n "wedding planner" gebruik gemaak nie.

Wedding Transport

Gaste het hul eie vervoer gebruik

Food & Cake

Ons was bevoorreg genoeg dat my ma (bruid se ma) ons kos self gemaak het vir ons troue. Ons het die aand net 'n chef gehad wat oorgevat het om als mooi voor te sit en te bedien. Ons voorgereg was 'n buffet van seekosse. Hoofgereg was fillet en nagereg was weer 'n buffet van verskillende soorte.

Min mense is so bevoorreg om uit hul ma se hande te eet op hul troudag.

Wedding Stationery

Ons het als self gedoen

The Reception and Entertainment

Ons het gebruik gemaak van DJ Pepe wat ons laat dans het tot 04:30 die oggend. Tydens die voorgereg het The Otther die mense vermaak. Die lekkerste musiek wat gesorg het dat die mense heelaand gedans het.