saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Luchelle Weideman

Married on Oct 19, 2019 in Limpopo

 

Voting has closed for Bride of the Year 2019

Click here to open the 2019 competition page

Magical Moments

 

My Mooiste oomlik was verseker om my Toekomende Man te sien , daar waar hy aan die einde van die loopvlak staan en met blink Ogies vir my kyk . My boertjie was so mooi gelyk het , ek kon nie my oë van hom afhou nie .

My ma , ek het voor die troue vir haar gesê sy mag my nie sien tot by die onthaal saam almal nie , sy was soo hartseer . Die mooiste ma , het ek verras toe hulle haar roep om gou iets te kom haal , waar dit eintlik ek is wat vir haar staan en wag .

My Pa , wat nooit huil nie , toe ek hom sien vir die eerste keer , sy trane was so mooi ek sal dit nooit kan vergeet nie .

The Honeymoon

 

Ja , ons was Nederland toe .

Dit was een van ons droom plekke om te toer . Ons het dit vreeslik geniet .

Wedding Gallery

 

My Special Day

Bohemian was my tema , my gaste het soveel moeite gedoen om volgens my tema aan te trek .

My rok was in twee . My pa noem my altyd sy Prinses , en ek wou nog altyd net een keer soos een lyk . Ek het verseker die rol gemaak .

Na die Serimonie het ek my romp afgehaal en dit was my tweede droom rok . Oop rug , glitter , sleep !

My hare het almal gesê het sons Marlyn Monroe gelyk , wat die here idee was omdat sy een van my rolmodelle is .

My boots ! Ek het dit in Amerika gekoop by n Trade Skou waar ons bemarking doen .

Rok deur Willet Designs Couture gemaak .

Juwele het ek by Benjamin Jewelers last maak wat net perfek was .

Lelani , my maid of honour het vir my n baie mooi stelletjie gekoop vir die trou nag .

Make up was ook van een van my bruidsmeisies , Lucy Fletcher Jooste , my niggie . Sy het regtig n talent met dit , ek kan nie eers met die duurste kwassie dit na maak nie .

The Venue

Fleur de lys Guest Farm in Hoedspruit .
Meeste familie het op die perseel geslaap , die ander gaste het rondom die venue geslaap .

My Bridal Beauty Regime

Tan Tan Tan !!
Facials by Claudia , Godiva in Groblersdal .

Ons het ook so week voor die troue vir n full body Italian massage gegaan ek en my liefde . Ook by Godiva .

Wedding Elements

Blomme by Hennelie , my niggie.
My Blomme het meerderheid van Nederland af gekom so dit was soo spesiaal .

Ek het kop bene gehad oral wat van ons die Taxidermy af kom .

V&E Entertainment was ons Dj . Hulle was die beste ! Ek sal enige toekomende bruid voorstel om hulle te gebruik . Musiek is n groot ding op n troue en myne was perfek . Almal het gedans en dit geniet .

My Groom And His Groomsmen

Bruidegom en my seun (ring carrier ) en my Pa , was ook deur my designer gemaak . Willet Designs Couture .

Beautiful Bridesmaids

Maid of Honour het stunning gelyk , baie glitter , ek kon net nie haar sonder n bietjie bling los nie ! Lelani Nel

Lucy en Melinda , Burgundy lang Rokke gedra met verseker ook n bietjie bling .

Alles gemaak deur Willet Designs Couture .

Marriage Officer

Dominee Bernard van Der Merwe

My Captured Moments

Arline Photo & Video

Hulle was die wat al ons mooi oomlike in n raampie gevang het . Ek het nog net n paar fotos gekry , maar ek is klaar opgewonde en tevrede met die wat ek al gekry het !

Baie dankie

The Wedding Planner

My ma , sy het die onrealisties , n realiteit gemaak . Sy het so baie moeite gedoen ek dink nie ek sal genoeg kan dankie sê vir my ma nie .

Al my baklei en stry , het tot n sukses uitgedraai te danke aan my Moeder !

Wedding Transport

My skoon ouers se Land Cruiser , dubbed Kajuit .

Perfek !

Food & Cake

Hart en Siel Bakery . Nicquille van Graan , n Vriendin wat ek al so lank ken .
Ek is nogal n koek mens , en sy het n 11/10 vir my Koeke gekry . Dit was soo lekker ek het Amper my furk ook geeet !

Wedding Stationery

Jackie Handley , Purple August Design Studio

Speechless , sy was net amazing . Alles waarvoor ek gevra het , en beter !

The Reception and Entertainment

Ons het dans lesse by Michelle Mortelmans in Middelburg gedoen , Dit was n groot sukses op ons dag gewees ! Baie dankie vir dit ! PS: Ek was so hit my vel uit ek het vir n oomlik al my steps vergeet!

Wedding Services Used