saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

melissa smit (fourie)

melissa smit

Married on Sep 1, 2018 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Hulle se n troue is nie n troue sonder ups en downs nie maar kyk net toe ek dink my trou dag gaan niks downs he nie begin dinge skeef loop. My pa het my by die venue kom haal en my oom het my strooi meisies kom haal by die venue. Ons ry deur die dorp en ek sien my oom trek langs die pad af natuurlik het ek en my pa gedink ooo jinne wat nou my pa se foon lui en my oom se ons moet hulle by die huis(my pa se huis) kry iets het gebeur...toe my hoofstrooi meisie uit die kar klim sien ek net haar hele rug is oop...haar rok het geskeer lelik geskeer my pa hardloop in die huis om spelde en gaaring te kry toe hulle uiteindelik die rok reg kry klim my pa in die kar, die kar wil nie start nie ek gevoel ek wil in trane uitbars...die tannie wat ons getrou het bel toe ek vra wat gaan aan hoekom kom ons nie my pa verduidelik toe wat gebeur het en sy se net wag daar eks nou daar. sy kom haal ons toe en toe ons by die venue stop die meisies klim toe uit...daar skeer haar rok weer. op daai staduim was ek so negatief na alles wat gebeur het maar toe ek my toekomsige man daar sien staan in die chapel met sy oe vol trane(nadat hy vir my gese het hy gaan nie huil nie) het ek vergeet van alles sy blou oe was so vol emosie en liefde ek het nie eers die musiek gehoor nie ek was net gefokus op hom. daai emosie en trane in sy oe sal ek nooit vergeet nie.

The Honeymoon

 

ons het nie voor af bespreek by n plek nie...my man se idee was om net in die kar te klim en te ry...hys n onderwyser en het net 2 dae afgehad die Maandag en dinsdag. ons het toe die sondag deur gery springbok toe vir sy ma gaan hello se en die maandag port nolloth toe. altwee ons ouers is geskei in die jaar so ek en hy moes alleen vir die troue betaal so ons finansies was maar klein vir n honeymoon. Vir nou sal ek maar droom van n "regte" honeymoon...eendag..

Wedding Gallery

 

My Special Day

eks maar iemand wat elke dag make-up dra so dit was vir my belangrik om n heel ander look te he omdat almal ken my met make-up. Margo van zyl n plaaslike make-up artist het my make-up gedoen en sy ken van. Een van my vriendinne Arline van Wyk het n salon in die dorp syt my hare vir my gedoen as n trou geskenk en syt presies gedoen wat ek wou he. My rok het ek in Durbanville gehuur by didi coutour ek moes ek paar keer af ry na hulle toe maar dit was deur en deur die moeite werd. my skoene het ek by shoe city gekoop en my oorbelle het ek by my beste vriendin gekry sy besit n winkel Franse flair sy verkoop juwele. my armband het ek by n winkel in Tyger valley gekoop die dag toe ek my rok gaan haal het.

The Venue

Ons het getrou in Vredendal waar ons bly. Die venue skat ek is so 10km buite die dorp dis n ongelooflik mooi plek met n uitsig van die wingerde. ons het getrou in die chapel op die venue en die onthaal was ook daarso. die venue se naam is rooms with a view. ons het nie baie gaste gehad nie so meeste van die gaste was plaaslike mense dis net die ooms en tannies wat moes ry hulle het somer in n gastehuis geslaap op die dorp.

Marriage Officer

Een van my male se jare lange vriende Santie Human het ons getrou ons het in 2003 in vredendal ingetrek en my male was dadelik vriende met haar so ek het voor haar groot geword. Dit was vir my ongelooflik spesiaal dat sy ons getrou het en syt die mooiste boodskap gegee wat ons nooit sal vergeet nie.

Marriage Officer

Een van my male se jare lange vriende Santie Human het ons getrou ons het in 2003 in vredendal ingetrek en my male was dadelik vriende met haar so ek het voor haar groot geword. Dit was vir my ongelooflik spesiaal dat sy ons getrou het en syt die mooiste boodskap gegee wat ons nooit sal vergeet nie.

My Captured Moments

Wendy van zyl n plaaslike fotograaf het ons fotos geneem ek nooit eers iemand anders oorweeg nie...sys uitstekend in haar werk.

The Wedding Planner

my ouers is geskei en my ma bly in n ander dorp so dit was moeilik vir haar om te help maar gelukkig het my hoofstrooi meisie my met alles gehelp syt alles vir my gedoen en soveel meer.