saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Carli Blom

Married on Sep 8, 2018 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Dit was n week van baie reën in die mooie Boland, maar saterdag die 8ste September was dit die perfekte sonskyn dag. N perfekte dag om n huwelik mee in te tree saam met vriende en familie. Baie emosies en opgewondenheid het deur my gevloei maar die feit dat ek met my beste vriend en huweliksmaat in verbintenis tree het al die beplanning en spanning weg geneem en ons kon die dag saam met almal geniet. Dit was so lekker om weer al die vriende en familie te sien. Elkeen se koms het vir ons so baie beteken want wat is n troue sonder almal wat elkeen n betekenis in jou lewe het. Na ete het ons die dansbaan ge-open en ons het net oë vir mekaar gehad. Ons het spesiaal geoefen vir hierdie oomlik en dit was net perfek…. Ons troudag was vir ons baie spesiaal en dis n dag wat ek altyd sal en wil onthou.

The Honeymoon

 

Ons was vir 2 weke op honeymoon. Ons was eers in Groot brak vir 2 nagte en van daar af is ons Lake Brenton toe. Ons het 4 nagte daar geslaap en van daar af het ons Keurboomstrand toe gegaan vir 4 dae. Ons het ons honeymoon afgesluit in Witsand.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Rachel Venter het my hare en make up gedoen.

My rok het ek by Weddings by design gehuur en was totaal en al verlief daarop.

Weddings By Design

Weddings By Design

Weddings By Design is a unique dynamic company that turns dreams into reality. Our business vision is satisfied clients who promote our business and reasonable prices so that m...

The Venue

Ons het by Boland Landbou Skool die onthaal gehad. Die hele venue was glas. Baie mooi.

My Groom And His Groomsmen

Die mans het hul pakke by Mr Suit hire gehuur en hul dasse is deur Indalo Leather gemaak

My Captured Moments

Light Lounge Weddings was ons fotograwe. Beste fotograwe en sal hul enige tyd aanbeveel.

Food & Cake

Ons ouers en ouma het die kos voorberei en ons is so dankbaar vir al die tyd en liefde wat daarmee gepaard gegaan het. My niggie het ons troukoek gemaak.

Wedding Services Used

 
Weddings By Design

Weddings By Design

Weddings By Design is a unique dynamic company that turns dreams into reality. Our business vision is satisfied clients who promote our business and reasonable prices so that m...