saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Schamalindie Holtzhauzen

Married on May 5, 2018 in Gauteng

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Ons troue was baie spesiasl vir ons omdat ons 'n DIY troue in 'n perde stal gehad het. Ons het al die tafeldoeke, "runners", tafel versierings, dankie geskenkies, my juwele, my skoene ens self gemaak.

Die beste oomblike was om my aanstaande amper in trane te sien van blydskap toe ek by die kerk in stap.

Ons eerste dans was ook n spesiale oomblik.

The Honeymoon

 

Ons "Honeymoon" was by Kiara Lodge in Clarens, Drakensberge. Dit was rustig en baie lekker tussen die berge en in die natuur.

Wedding Gallery

 

My Special Day

My idee was om mooi te lyk maar ook natuurlik en gemaklik.

My trou rok is speciaal vanaf 'n prentjie gemaak deur Jacqui by Dresses by Jacqui (http://www.jdsdress.co.za/). My rok het perfek gesit en was mooier as wat ek verwag het.

My hare is deur ons jare lange haarkapster, Tannie Hilda vanaf Secunda gedoen.

My make up en my naels is deur Estelle van Beauty in a box in Middelburg gedoen.

My skoene en juwele is deur my susters gemaak by Kissys.

My lingerie is deur my ma gemaak.

My Special Day

My idee was om mooi te lyk maar ook natuurlik en gemaklik.

My trou rok is speciaal vanaf 'n prentjie gemaak deur Jacqui by Dresses by Jacqui (http://www.jdsdress.co.za/). My rok het perfek gesit en was mooier as wat ek verwag het.

My hare is deur ons jare lange haarkapster, Tannie Hilda vanaf Secunda gedoen.

My make up en my naels is deur Estelle van Beauty in a box in Middelburg gedoen.

My skoene en juwele is deur my susters gemaak by Kissys.

My lingerie is deur my ma gemaak.

The Venue

Ons kerk diens was by Kerk in Suid Centurion gehou en ons onthaal was by die Rooihuiskraal Historiese terein.

Wilger Gastehuis was waar ek reg gemaak het vir die troue en waar ons oorgebly het vir die aand.

My Bridal Beauty Regime

Daar was nie enige iets spesifieks nie.

Wedding Elements

Decor is deur ons en die familie gemaak en op gesit om dit so goedkoop as moontlik te hou.

My Groom And His Groomsmen

My man het sy pak by die China mall in Centurion gekry.

Beautiful Bridesmaids

Die bridesmaids het elk een n ander tipe uitristing gehad om by hulle te pas. Die uitristings is deur my ma gemaak.

Marriage Officer

Ons het by Kerk in Suid, in Centurion getrou.

My Captured Moments

Ons het Amanda van der Westhuizen Photography gebruik wat ook ons verlowings fotos gedoen het.

The Wedding Planner

Ons het ons eie troue beplan.

Wedding Transport

Ons het my ouma se Datsun Pulsar gebruik as ons trou kar.

Food & Cake

Ons het Tannie Helen van Centurion gevra om ons te help met 'n spitbraai buffet. Syhet seker gemaak daar is meer as genoeg kos en ek sal haar enige tyd aan beveel. Haar kontak nom is 072 186 6215.

Wedding Stationery

Ons het by die China mall ons uitnodigings gekoop en self die print werk gedoen vir al die nodige goed.

The Reception and Entertainment

Voor die troue het ons by Norman dans klasse gekry waar hy ons ook met n dans roetine gehelp het. Sy nom is 060 895 4388.

Ons het ons eie musiek lysie op gestel en my suster was ons DJ vir die aand.