saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Lizelle Lintvelt

Married on May 12, 2018 in Free State

sms LL777 to 36697 to vote for Lizelle Lintvelt!

(sms charge: R5.00 per sms)

Magical Moments

 

TROTS & DANKBAARHEID
Om die trotse auro van my man te aanskou en ervaar. Die dankbaarheid dat ons die troue van ons drome(en nog meer) kon gehad het. Hoe trots ek was op albei my en Francois dat ons die dag bereik het deur al die harde en moeilike tye. Die dankbaarheid teenoor my man vir sy LANG ure en harde werk by sy werk, om dit vir ons moontlik te gemaak het dat ons, ons verewig en vir altyd te kan vier. Om die trots en dankbaarheid van albei ouer pare te beleef. Ek is trots op die feit dat ek en Francois so innig lief is vir mekaar dat ons mekaar elke dag oor en oor kies, maak nie saak hoe groot die trotse is wat oor ons pad gerol word nie. Ek is trots en dankbaar dat ons mekaar so lief het dat ons mekaar aanvaar vir wie en wat ons is en ‘n besluit geneem en gekies het dat ‘ek wil my verewig en vir altyd met jou wil deel’

The Honeymoon

 

Ja ond was op 'n wonderlike honeymoon. Ons was Zanzibar toe.

Wedding Gallery

 

My Special Day

My inspirasie: Ek wou nie die norm rok van vandag gehad het nie. Ek wou nie gehad het wat vandag in die trou mode is nie. Ek wou nie ‘n rok ingevoer het nie. Ek wou nie ‘n rok gehad het wat voorspelbaar was nie. Toe besluit ek op ‘n kombinasie van: Prinses, Elegansie, bietjie Vintage en sexy, met ‘n catch . Ek wou ‘n ‘all in one’ gehad het en het agtergekom dat dit nie moontlik gaan wees met een rok nie, so toe laat maak ek ‘n rok wat 2 voorkomste het, sodat ek my ‘all in one’ kon bereik het en wou BAIE graag swart in my rok ingebring het.

Die voorkoms waarmee ek in die kerk ingestap het was ‘n prinses rok:
My rok se bostuk het die idée gegee dat dit deurskynend met kant moet wees. My rug was oop en is net bedek met deurskynende net materiaal, met Chantilly lace wat inkruip op my lae rug. Die voorkant was die deurskynende net, net met Chantilly lace en bietjie glas krale. My romp was wyd en pof, met ‘n gladder afwerking.

Die voorkoms waarmee ek in die onthaal ingestap het was sexy met ‘n catch:
Die romp waarmee ek in die kerk ingestap het, kon afhak. Onder die wye romp, was ‘n styf passende rok bedek met Chantilly lace, tot net bo my kniee. Vanaf my kniee het meters en meters wit net uitgepof, wat aan die onderkant ge-ombré was, swart gedye . Ek het ‘n swart beldjie om my middel gedra wat by die swart ombré gepas het.

Francois was geblinddoek om die 2de voorkoms aan hom te wys. Die fotograwe het ‘n speeletjie van die gemaak en alles is op kamera gevang.

My Hare: Ek is mal oor die haarstyle van die 40’s. Ek die 40’s haarstyl gekombineer met ‘n klein bietjie van wat vandag in die mode is vir bruide.

My Naels: French Ombré met diamante nailart op my middelvinger, wat by die blink van die troue pas.

My Juwele: Ek hou van groot en baie blink juwele.

Troudag styl: Ek het nie ‘n spesifieke styl gehad nie, maar mense het gesê dat dit ‘n kombinasie van ‘n Mid-Evil en Bollywood was

The Venue

Duck Point, Sasolburg, Free State.

Van die gaste het by die venue oorgeslaap en van die gaste het in die omligging by Gastehuise geslaap.

My Groom And His Groomsmen

My man het 'n swart pak, met swart das, wit hemp en rose gold cufflings en tie pin aangetrek. Hy het geen groomsmen gehad nie.

Marriage Officer

Kobus Windt van Doxa Deo Hartbeespoort Dam

My Captured Moments

Van Luke was ons fotograwe
Heinz Boesenberg Films was ons videograwe

Ons het nie 'n photobooth gehad nie, ons het:
Alan Simpson gekry was ons gaste geteken het, Caricatures

Ongelooflikste mense met amazing talent

The Wedding Planner

Ek het die meeste ko-ordinering en rëelings myself gedoen, maar Jean Prieur Du Plessis van Duck Point en Christa Van Wyk van Flower and Décor Spot was my helpende hande om alles mooi bemekaar te kry.

Food & Cake

Chef Bosch het ons heeeeerlike kos voorberei

Celeste van Sweetly Cakes het ons amazing koek gebak

Wedding Stationery

Greenroots Design Studio

The Reception and Entertainment

SPECTACULAR EVENTS - Andrew & Sharon

MC & DJ: AMAZING!! Ons MC was ook ons DC. Hy het die gaste aan sy lippe laat hang. As Ice-Breakers het al die mans op ghostbuster gedans, die dames het op Elivs Presley liedjie gedans. Al die gaste moes volgense ‘n dans patroon gedans het wat duer ‘n tv gespeel is. Die gaste het ook ‘n ice-breaker gespeel wat almal in die middel van die saal op stoele sit. Hy sal iets uitroep om te gaan haal by die ander gaste wat nie deel is van die speeletjie nie bv ‘n das of skoene en dan die persone wat dit die vinnigste kry se stoel word nie weg geneem nie en sodoende kry ‘n mens dan ‘n wenner. Hy het ons en die gaste so betrokke gehad. Hy het ‘n groot invloed gehad dat ons troue so ‘n groot fees en plesier was. Hy het die gaste nie eenkeer vervelig gehad nie en niks was voorspelbaar nie. Hulle musiek en beligting het vir my laat voel asof ons by ‘n Afrikaans is Groot vertoning was. Dit was finominaal!!

Ons hoofkleure was swart, wit, goud en blink. Moeilike kleure en tema om mee te werk, aangesien die mode en norm nou, die teenoorgestelde is (hout, roes, pastel kleure en minimum blink), maar met die hulp van ‘n ongelooflik talentvolle vrou het ons dit reg gekry.

Die gaste moes streng formeel, swart en wit aangetrek het.

Wedding Services Used