saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Zahn-Mari Bothma

Married on Mar 10, 2018 in Free State

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Beste dag van ons lewens......begin my dag saam met my ma, sussies en toekomstige ma. Ek kom uit 'n familie van 6 kinders. Het 4 ouer sussies en dan is ek en my boetie 'n tweeling. Van die 4 sussies het ons nou 11 kleinkinders waarvan die 12de een oppad is. Al 11 kleinkinders was deel van die gevolg. Hulle het eerste is die kerk ingestap. Om daar is die kerkpaadjie af te stap en my aanstaande te sien nie een van ons kon die trane keer. Was 1 jaar en 9 maande saam voor ons getrou het. Ons het 'n lekker plaas troue gehou in 'n stoor. En dan om net die aand te geniet het saam met familie en vriende..

The Honeymoon

 

Ja, ons was weg gewees. Ons was by Little Switzerland gewees ongelooflike plek sal enigetyd were terug gaan. Ongeluukig kon ons net 3 dae weg wees toe moes ons terug kom wees werkverpligtinge. Dis baie hartseer maar ons sal weer kans kry om bietjie weg te glip. En ons lewe met die gesegte dat elke dag moet soos honeymoon wees......!!!!!!

Wedding Gallery

 

My Special Day

My rok het ek en ons plaaslike ontwerper self ontwerp. Het ‘n baie ligte vel so ek het toe champange onderlap gehad met wit kant bo-oor. Hare en make-up baie natuurlike voorkoms. My hare is rooi en krul vreeslik so dit het perfek ingepas.
Dan het ek my something old was my ouma se tweeling string pêrels wat my en my boetie verteenwoordig.
Something new is my oorbelle en onderklere wat ek by my ma gekry het.
Something borrowed was ‘n veil wat my sussies ook gedra het.
Something blue was my kousband gemaak deur my beste vriendin.

The Venue

In ons tuisdorp Kroonstad in die hartjie van die Vrystaat op ‘n plaas in ‘n stoor. Gaste het of by familie en vriende oorgeslaap en daar was gastehuise ook beskikbaar naamlik Arcadia, Penny’s Guesthouse en Oppikoppi.

My Bridal Beauty Regime

Facials by die huis gedoen. Het vir paar sonbed sessies gegaan en dan maar net bietjie meer gekyk na wat ek geëet het.

Wedding Elements

Ek en my man het al ons dekor self gedoen. Familie het kom help om alles op te slaan. Ons het 2 weke voor die troue te stoor begin opmaak. Ons het lang hout tafels gehad en Hesian runners. Daar was blikkies en glass bottels met vetplante en fairy lights. Dit was ‘n ware oud-tydse plaas troue met hout tolle, fairy lights, balle, bloekom blare en kerse. Die eetgerei, glase em kerse is al wat ons gehuur het. Bottels was 4 kleure geverf wat die blommemeisies se rokke verteenwoordig.

My Groom And His Groomsmen

Die strooijonkers het almal chino broeke, wit hemde en chino kruisbande aangehad. Hulle manchetknope is van hout gemaak asook hulle bors ruikers was proteas uit hout. My man het chino broek, wit hemp, bruin skoene, blou baadjie en rooidas aangehad. Al die klere is gekoop by Smartlabels in Welkom en Rellings in Kroonstad. Manchetknope is gemaak deur familie vriendin.

Beautiful Bridesmaids

Ek is mal oor pastel kleure. My 4 sussies was my blomme meisies so elkeen kon ‘n kleur kies en ons plaaslike ontwerper het infinity rokke gemaak. Daar was blou, geel, groen en pienk. Die stooimeisies het ligte pers rokkies aangehad.

Marriage Officer

Ds Amos Kotze ons kerk we dominee

My Captured Moments

Ons het ‘n fotograaf en videegraaf gehad hulle is man en vrou asook familie vriende. Hulle het presies geweet hoe om ons op ons gemak te laat voel die heledag. Hulle het al ons verwagtinge oortref met hulle pragtige en unieke foto’s. Het ook fotohoekie gehad agter in die stoor wat versier was met bale, komberse en fairy lights.

The Wedding Planner

Ons het ‘n familie vriendin Hestie wat die heel Saterdag by die onthaal saal was en seker gemaak het dat al die finale goedjies op hulle plekke is. Sy het gesorg vir die pre-drinks en voorgereg as die gaste arriveer op die plaas.

Wedding Transport

Dit is tradisie in ons familie dat die troukar my oupa se blou Mercedes 1976 model moet wees. My ouers en al 4 my susters is in hom aangery.

Food & Cake

Troukoek is gemaak deur ‘n vriendin dit was ‘n red velvet koek versier met wit icing en lavender blomme. Beste plaaskos ooit van vleise, aartappels, pampoenkoekies en slaaie.

Wedding Stationery

Ek en my man het alles self ontwerp van uitnodigings tot kerkblaaie en dan die kaartjies op die dankie sê persentjies. Alles is gedruk deur Office Supplies in Kroonstad.

The Reception and Entertainment

One het 211 gaste gehad so julle kan self indink watter lekker opskop dit was. Beste DJ met lekker musiek en ligte. Geen danslesse gevat nie. Met die pa en dogter dans het ons halfpad gedans toe sluit my man en sy ma by ons aan. Die DJ het gemaak of die cd hak en daar was so ongemaklike stilte tussen almal totdat “let’s twist again” begin speel het en ons 4 begin los dans het, en dit is hoe ons die dansbaan vir die gaste oopgemaak het.