saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Lize-Mari Le Roux

Married on Mar 24, 2018 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

As ek terugdink aan hierdie ongelooflik dag - wat alles so goed afgeloop het en so mooi was, en ook die feit dat ons soveel van ons vriende en familie bymekaar kon kry - maak dit so ongelooflik. Familie en vriende wat ver gereis het om ons dag so onbeskryflik as moontlik te maak. Iets wat ons vir altyd kan koester. Daar was nie eers een ietsie wat nie reg geloop het nie - alles was net 100%

The Honeymoon

 

Ons het ons 2 weke vakansie, as man en vrou, in ons land spandeer, deur 'n road trip aan te pak, na die Oos-Kaap. Ons het die eerste aand, by die oulikste plekkie geslaap, O So Kozi, in Keerboomstrand, die mense het soveel moeite vir ons gedoen. Met 'n paar stoppe, het ons op dag 3 by ons 'Honeymoon' bestemming gearriveer, Umngazi River Bungalows & Spa. Wat 'n ongelooflike plek, Son, See, Cocktails, Maaltye om van te kies en te keer, Sunset Cruises, Natuur Lewe. Soveel aktiwiteite op en rondom een perseel, mens het nooit nodig om iewers anders te ry nie. Wat gehelp het met die ontspan deel van die honeymoon/vakansie, sowel as Spa & Ons kamer (Honeymoon Suite) met onvergeetlike uitsig. Op ons pad terug, het ons die laaste aande, spandeer by Brenton On Sea, Brenton On Sea Cottages, beslis 'n moet vir die wat in daardie omgewing wil gaan rus.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Eks maar 'n plain jane, het gegaan vir 'n moderne klassieke styl.

Rok is gemaak deur Elouise Roode ( Beslis 'n ontwerper, wat dadelik jou styl kan opsom en reg vasvang)
Hare en make-up is gedoen deur Essence Of Beauty / Gerty Jv Rensburg.
Garter & Haarknip is gemaak deur Wildflower Garter Co

Skoene was die maklikste besluit ooit, omdat ons buite getrou het op grasperk, en omdat mens heeldag op jou voete is, het ek gegaan vir The Zellie Collection, se Wedge, wat deel maak van hulle Vintage Collection.

My juwele, was 'n geskenk, op die dag vanaf my man, Perel oorbelle & armbandjie (Ekt dit skelm self gekies, as iets wat ek vir myself wou koop) , Carien van Zyl

The Venue

Ons Trou Venue, was een vir die boeke. DuVon Wine & Wedding Estate. Ons was van dag een af verlief op hierdie Venue en wat dit vir ons gebied het. Die asemrowende landskap met sy onvergeetlike uitsig oor die wingerde en berge in die agtergrond het ons harte gesteel. Mens raak verlore in die omgewing se skoonheid.

Meeste van ons gaste het, in gastehuise, in die omgewing en baie het by die Rivierzicht River Resort gebly vir die hele naweek. Omdat ons gaste van oral af gereis het, het ons 'n middelpunt gesoek, waar ons kon trou, sodat almal nie sover hoef te ry nie. Daar is so baie verblyf in die Goree Vallei, iets in almal se smaak en voorkeure.

DuVon Wine and Wedding Estate

DuVon Wine and Wedding Estate

- Robertson’s best kept secret -

Wedding Elements

Dekor, was minimalisties, ek wou orals net kerse he, om die romantiese atmosfeer te skep, te same met my blomme op die tafels. Dekor het ek self gereel, deur gebruik te maak van To-Netts en Something Borrowed. My kleure was wit/glas, roosgoud & blush pink.

Tafels het bestaan uit, Tafel nommer uit hout, Glas Onderborde, met Roosgoud Eetgerei, Blomme Runners hele tafel vol, in Wit & Pink blome. Kers Staanders, oral tussen die blomme gespasieer.

Blomme is deur Als Moi,Tannie Theronda Bruwer, gedoen. Wat 'n ongelooflike vrou, sy stap meer as net die ekstra myl vir haar bruide.

My Groom And His Groomsmen

Bruidegom & Stooijonkers, het almal Navy pakke aangehad. Ons het besluit om dit te huur, vir bloot die feit, uit vorige ondervinding met laat maak van pakke, vir die bruidegom, dit dien sy doel vir slegs die een geleentheid, en word nie weer gebruik nie.

Pakke is gehuur by Suit Hire Paarl.
Bykomstighede: Woolworths
Geskenkies vir Strooijonkers: HOUT

Beautiful Bridesmaids

My bruidsmeisies het hulle eie rokkies gekies, wat vir hulle sou werk, in Navy, wat my kleur keuse was. Tesame met Leer skoentjies van Redemption. Gemaklike opsie, vir buite troue, en iets wat hulle weer kan gebruik. Rokkies is gemaak deur Annica Lourens Couture.

Bruidsmeisie Geskenkies: Makeup Sakkie - Talita Visser - Bambi & Kids

Marriage Officer

Ds. MC Engelbrecht

Johannes 2: 1-11

My Captured Moments

Fotograaf, is altyd 'n gamble. Mens weet nooit of jy die regte besluit maak, om hierdie eens in 'n leeftyd geleentheid vas te vang. Dit is so belangrik, vir juis die feit, dat die dag so vinnig gaan, en mens slegs die fotos en video het, om jou te herhinner of te help sien, op daardie oomblik wat jy nie heeltemal kan onthou, of nie by jou gaste was nie.

Ekt vir amper 'n jaar lank my fotograaf gevolg op facebook, en elke keer as sy nuwe fotos gedeel het, was ek net meer & meer oortuig dat sy die regte persoon was vir ons. Anel het op die dag, met ons eerste ontmoeting my laat voel, asof ons al jare lank mekaar ken/ of meer soos familie is. Ek is nie regtig een vir die kamera nie, maar syt dit so maklik vir my & vir ons gemaak, dit het eintlik te gou gegaan. Beslis die beste keuse. Anél Nortier Photography

The Wedding Planner

Glad nie, ekt sover moontlik alles gereel en beplan. Die ongelooflike venue en Tannie wat my blomme gedoen het, het gehelp met die Dek van Tafels.

Food & Cake

DuVon het hulle eie chef, Mariska, wat die bruidspaar, ongelooflik baie help en hul het so baie opsies om van te kies, en om self iets van jou voorkeur ook in te werk, sodat jou spyskaart vir jou groot dag, presies is, soos wat jy dit wil he.

Troukoek, is deur 'n goeie vriendin van my gemaak, Marzanne Burger - Fraaigebak.

Wedding Stationery

Ons "Save the Date ", en op die dag skryfbehoeftes, is ontwerp deur Something Gold Design Studio

Ons Webtuiste Trou Uitnodiging, is ontwerp deur Natasia Schwartz - Perfect Solution Designs

The Reception and Entertainment

Ons onthaal, was 'n pure boere/plattelandse troue. Vriende & Familie, Oud & Jonk wat saam gekuier het, almal was op hulle gemak.

Ons het 'n DJ gehad, Jannie Barnard, hy was toegerus met alle nodige klank toerusting, ligte, en rook masjien (Vir later die aand) ;)

Wedding Services Used

 
DuVon Wine and Wedding Estate

DuVon Wine and Wedding Estate

- Robertson’s best kept secret -