saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Benice Kok

Married on Mar 17, 2018 in Gauteng

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

The Honeymoon

 

Ons het wittebrood gehou by Preskil Beach in Mauritius!

Wedding Gallery

 

My Special Day

My trourok was ‘n af wit Nicole Spose rok, dit was ‘n prinses rok, met baie fyn detail bo. My hare was gekrul en “los” opgesteek.. Ek het fyn juwele gedra, ‘n vars perel armband en diamant oorbelle.
My grimering was natuurlik gedoen maar tog treffend.

Nicole Spose

Nicole Spose

Wedding dresses

The Venue

Ons het getrou by die mooiste Venue - Avianto se banquet hall, Muldersdrift (Johannesburg)
Die gaste het by die venue oorgeslaap of 1km daarvan af by Riverstone Lodge.

My Bridal Beauty Regime

Ek het vooraf vir facials gegaan, 5 keer per week gaan oefen by die gimnasium, ek het ook vir ‘n Vita Liberata spray tan gegaan wat ‘n heeltemal natuurlike produk is en nie skadelik vir jou vel is nie.

Wedding Elements

Die dekor was alles in kleure van groen, goud of wit. Die blomme wat gebruik was, was meestal wit proteas, wit tulpe, wit orchidee.
Al die tafels was rou hout met geen tafeldoeke oor nie, die “table runners” was alles groen blare..
Dit was baie modern maar tog klassiek!

Beautiful Bridesmaids

Die strooimeisies het nude rokkies gedra, maar elke rokkie was verkillend. Hulle kon self kies waarvan hulle gehou het. Van die rokkies het perels bo gehad, ander het kant en ander sequins.
Die rokkies is by Hoiden Bridesmaids in Port Elizabeth laat maak.

Marriage Officer

Ons dominee, was ons dominee vanaf Bothaville se NG kerk Noord gemeente.
Ds Jan Els

My Captured Moments

Ons stunning fotograaf was Stella Uys, ons is so gelukkig met al ons fotos! Sy ken ook haar storie, sy het ons baie gemaklik laat voel terwyl ons fotos geneem het.
Mighty Fine was ons videograaf! Hulle tree baie professioneel op, ek kan hulle vir enigeen aanbeveel.
Ons het ‘n photobooth gehad, ons het vir Photobooth Guys gebruik, die gaste het dit vreeslik geniet!

The Wedding Planner

Event Inspirations het die troue gekoördineer, Tasha & Tanya was in beheer van alles. Hulle was baie professioneel en alles het volgens plan verloop op die dag!

Wedding Transport

Ons moes 2 motors reg gehad het vir die dag - Ons het ‘n Mercedes GLE Coupe gehad vir die bruidspaar en ‘n Toyota VX Cruiser vir die strooimeisies en strooijonkers.

Food & Cake

Event Inspirations het die koek gemaak, dit was nie ‘n tradisionele troukoek nie, die koek het bestaan uit die sjokelade Ferrero Rocher, aangesien dit die bruidspaar se gunsteling sjokelade is.

Die driegang maaltyd is voorberei deur Avianto self. Daar was ‘n voorgereg bedien, keuse van 3 hoofgeregte en ‘n nagereg.

Wedding Stationery

Elmien Botha van Bothaville het die baie moderne stationery ontwerp.

The Reception and Entertainment

Blaste Sound was die DJ wat gebruik was vir die aand, hulle het ‘n baie goeie werk gedoen want omtrent al die gaste het tot 02:00 die oggend gedans en kuier!
Hulle het ook die beligting gedoen sowel as die “cloud” toe ons die dansbaan geopen het.