saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Carla Byrne

Married on Dec 15, 2018 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Die hoogtepunt van my troudag was om my man se gesig te sien toe ek by die “aisle” afgestap kom. Sy gesig was gevul met emosie, liefde en met ‘n traan of twee daarby.

The Honeymoon

 

Nee. Ons beplan om Maart 2019 op wittebrood te gaan, maar weet nog nie wat die bestemming gaan wees nie.

Wedding Gallery

 

My Special Day

My hare was sag gekrul wat eie aan myself was en het mooi saam met my rok gepas, waarin ek soos ‘n absolute prinses gevoel het. My grimering was sag en vroulik, nes ek dit wou hê. Saam met my juwele, skoene, garter en parfuum het ek soos ‘n prinses op die dag gevoel.

Hare: Jani le Roux
Rok: Robyn Roberts Bridal
Grimering: Anne-Mart
Juwele: Lovisa
Skoene: Superbalist
Kousband: Robyn Roberts Bridal
Ringe: Dazzling Jewellers

The Venue

Ons het getrou by DuVon Wine & Wedding Estate net buite Robertson in die Wes-Kaap. Die naaste familie het die Vrydagaand en Saterdagaand in die gastehuis geslaap op die plaas.

90+ gaste het by gastehuise in ‘n radius van 3km geslaap.

My Bridal Beauty Regime

Ek en my man het vanaf Julie 2018 naweke saam begin stap. Tot 5 km op n dag wat ‘n persoonlike beste vir my was.

Ek het daarby Maandae en Woensdae gedans vir ‘n halfuur na ‘n uur en Dinsdae en Donderdae geoefen.

Vir ‘n gesonde vel het ek probeer stysel uitsny, n gebalanseerde leefstyl probeer handhaaf saam met oefening en baie water gedrink.

2 weke voor die troue het ons na ons plaaslike tandarts gegaan om ons tande skoon te maak.

Wedding Elements

Die hele kleurskema van ons troue was “Blush, Champagne & Cream”.

Die eetgerei en “underplates” was goud, spyskaarte was in wit met goue “foiling”, wit kerse, dankie geskenke was ‘n 250ml Nederburg Rosé bottel wyn, pienk lap servette, 3 blompotte van verskillende hoogtes wat verskillende kleure rose bevat het asook “Naked Bulbs” wat die tafel afgerond het.

Vir die dansbaan het ons ‘n vinyl plakker laat maak en lang “sparklers” gekoop vir die eerste dans.

Kerse: Karoo Kerse
Eetgerei & Underplates & Blompotte: Eventworx
Lap Servette: The Tablecloth Hiring Company
Naked Bulbs: Tentmen
Wyn op tafels: DuVon
Dankie sê wyn: Nederburg
Dansvloer vinyl: Hello dolly Designs

My Groom And His Groomsmen

Die bruidegom se pak en bykomstighede asook sy strooijonkers was by Woolworths gekoop en die bruidegom se onderbaadjie was gemaak by Bridal Inn in George.

Die strikdasse wat hy en sy strooijonkers gedra het, is gekoop by Eden Leather & Co.

Beautiful Bridesmaids

Die strooimeisies se lang rokke en kleur het by die strooijonkers se kleur ingeskakel wat “Navy” was. Hul bykomstighede was goud en “navy”.

Marriage Officer

Ds. Willem Liebenberg van NG Kerk Bonnievale

My Captured Moments

My fotograaf was Lomé Burger wat my absoluut op my gemak geplaas het. Ons het voor die tyd ons verlowing se foto’s ook deur haar laat neem. Haar styl en sagtheid is wat ons haar laat kies het. Haar diens is van uitstekende gehalte, plus ons het alreeds van ons foto’s ontvang.

Saam met die fotograaf het ons vir Markus Gericke as videograaf gebruik. Hy was so stil en uit die oog dat ons nie eers van hom geweet het nie. Hy het werklik ‘n baie spontane en professionele diens gelewer en sy werk is van uitstaande gehalte. Ons kan nie wag om die video te sien nie.

By die onthaal vir ‘n “fun element” het ons gebruik gemaak van ‘n “photobooth” vir ons gaste. Elke paartjie het 3 foto’s gekry waarvan 1 in ons gasteboek geplak is en hul ‘n mooi boodskap vir die bruidspaar kon skryf.

Fotograaf: Lomé Burger van Lomé Burger Photography
Videograaf: Markus Gericke van Boland Weddings
Photobooth: Bokkel & Chantelle Senekal van Pic & Keep Photobooth

The Wedding Planner

Nee. Ek het alles self gereël en beplan. Om ‘n onderwyseres te wees het ook sy voordele.

Wedding Transport

Alles was reeds by die “venue” so ons het van geen vervoer gebruik gemaak nie.

Food & Cake

Die buffet ete en canapés was gedoen deur Ronelle du Toit van Jamup Catering en die koek was gebak deur Lindie Steyn van The Girl who bakes.

Wedding Stationery

Ons uitnodigings is gemaak deur Riëtte van der Walt van Wildlingco. Die programme en dankie kaartjies het ek self gemaak.

The Reception and Entertainment

Die onthaal was in die saal op die plaas van DuVon. Dit het mooi hout balke in die dak met permanente wit drapering en “fairy lights”. Die Naked bulbs is gedoen deur Con Viljoen van Tentmen.

Klank en beligting was gedoen deur DJ Meyer van DJ Pepe.

Ons het vir 5 maande danslesse geneem om die basiese vaardighede onder die knie te kry. Ons lesse was geneem by Absolute Dance Studio in George.

Wedding Services Used