saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Michelle Koegelenberg

Married on Oct 27, 2018 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

My highlights & memorable deel van ons Troue was die Seremonie gedeelte, eerstens waar my man sy oe uitgehuil het waar ek in die padjie afgekom het - so spesiaal gewees sjoe, daar waar 2 Families saam kom as 1 en Vriende en Families saam ons getuig aan beloftes wat ons aanmekaar gemaak het om altyd EERLIK, GETROU en ALTYD MEKAAR LIEF te he, en NATUURLIK na 6 Jaar, Benru finally MY MAN kan noem :) :)

The Honeymoon

 

Ons was vir 2 weke Garden Route toe gewees waar ons saam memories gaan maak het en goed saam gaan doen het wat ons nooit tevore gedoen het nie, bv in Mosselbaai by Sunset Teepee gaan slaap het vir 2 aande in n Teepee tent waar die wind ons amper weggewaai het haha, maar is goeie memories, Olifante gaan kyk in Knysna, Birds of Eden toe gegaan in Plet ens ens. Teenspuite dat my man 1 aand in die Hospitaal beland het in Mosselbaai, was dit alles steeds die moeite werd saam hom

Wedding Gallery

 

My Special Day

*My Hare was Mooi opgedoen en vasgesteek deur Hair By Annemie Van Malmesbury.
*My Makeup, sjoe was stunning, ek was lus om iets anders te doen met bietjie donker bruin smokey eyes en n bietjie bling en dan natuurlik die plum lippe maar, Lindsey Van Beautify By Lindsey van Brackenfell het my soos n boek gelees en presies gedoen wat ek wou gehad het.
*My STUNNING Trou rok het ek gekoop by Tying The Knot Bridal Boutique in Table View. Hulle het my so mooi gehelp en oral verstel en verander soos wat ek wou gehad het.
*My Skoene is deur Miss Black, presies wat ek wou gehad het met n bietjie bling.
*My Lingerie wat ek aangehad het is n wit corset Bridal Collection van Woolworth, baie sexy en gemaklik gewees.
*My accessories is by verskillende plekke gekoop, ek het spesifiek iets in gedagte gehad en rond geshop tot ek dit gekry het ;)

Tying The Knot Bridal Boutique

Tying The Knot Bridal Boutique

We pride ourselves in giving every bride a truly unique and intimate fitting experience.

The Venue

Ons het n baie rustic plaas tipe look gesoek vir ons troue en dus het ons besluit om by Swartbergsvlei te trou op die Weskus Pad, daar was selfs verblyf gewees vir 80 gaste waar dit tipies ou plaas huisies was met die braai in die kombuis ens. Meestal van ons gaste het daar oorgeslaap sodat ons behoorlik darem troue kon hou :)

Wedding Elements

*Décor en Blomme was gedoen by Floralaffairs, ons het gegaan vir Sonneblomme, vetplantjies, greenery ens en alles was perfek en so mooi uitgekom.
* Ons het Fairy Light curtains gehad wat teen die mure gehang het en naked bulbs gehad wat bo elke tafel gehang het, BEAUTIFULL gewees deur Eventworx.
*Wit Tiffany Chairs was ingehuur deur Grand Style Hiring.

My Groom And His Groomsmen

My man is glad nie iemand wat opdress nie, hy is n regte plaas seun, kortbroek en plakkies is sy outfit, so dit was nogal moeilik vir my om hom in n suit te kry maar op die einde reggekom en vir hom n sexy donker navy blou suit gekry, hy het BAIE HANDSOME gelyk ;) Ek het vir hom n mooi buin leer das laat maak waar ek ook n oulike boodskap laat op stich het asook cufflinks laat maak met iets oulik op wat hy die dag van die troue eers gekry het.
Sy Strooijonkers het elk n houd strukdas gedra met n wit hemp, cream chino broek asook vellies.

Beautiful Bridesmaids

Ons kleur skema was geel gewees so dit was moeilik om iets regtig mooi te kry vir hulle omrede ek glad nie Infinity rokke wou gehad het nie en ook bietjie anders wou wees. Ek het toe op die einde vir hulle geel rompe laat maak met n wit lace hempie wat kon oorhang of insteek. dit het BAIE MOOI uitgekom en hulle kan dit enige tyd weer dra, dit sal nie net hang in die kas nie.

Marriage Officer

Ettiene Marais van Brackenfell.

My Captured Moments

Ons STUNNING trou fotos is gedoen deur Leanne en haar man Jonathan Durand van Leanne Durand Photography.
Ons trou video, SJOE NET SO STUNNING EN SPESIAAL is gedoen deur Morne Smit van Studio 69 Filming & Photography.
Ons het n Photobooth gehad wat ons gaste GELOVE het en dit is deur Moments to Media gedoen.

Wedding Transport

Regte plaas vervoer, n groen John Deere Trekker met n wa agter met strooiballe ens op :)

The Reception and Entertainment

Die onthaal was net 1 groot lekker kuier, net soos wat ons dit wou gehad het. Daar het van ons gaste asook ons gebly tot 3 uur die volgende oggend en net al die pad gedans, gekuier en gelag. Ons kan glad nie kla van Jaco ons DJ nie, hy is MR J van Malmesbury. My man ken ons videograaf al paar jaar al en hy weet ook hy sing, so ons het hom ingesleep om n liedjie te sing vir ons en die gaste asook sy nefie het later die aand die mic gevat en vir ons gesing, ons gaste het dit ook baie geniet. Ons hoor tot nou toe deur van die gaste dat ons regtig n baie lekker Troue gehad het :)

Wedding Services Used

 
Tying The Knot Bridal Boutique

Tying The Knot Bridal Boutique

We pride ourselves in giving every bride a truly unique and intimate fitting experience.