saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Jo-Ann du Plessis

Married on Oct 27, 2018 in Eastern Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2018

Click here to open the 2018 competition page

Magical Moments

 

Die oomblik wat ek vir SP sien wag het vir my by die kansel sal vir altyd my gunsteling wees!

The Honeymoon

 

Ons was vir 'n week Thailand toe - wat 'n wonderlike ondervinding!

Wedding Gallery

 

My Special Day

Te danke aan Pinterest het ek meeste van my idees gekry vir hare / makeup en juwele.
Rok - Maggie Soterro Adorae, aangekoop by Casa Blair in PE
Skoene - Lara light blue, leer skoen as geskenk gekry by my skoon sus van Redemption Leather
Onderklere - dis 'n geheim ;-)
Juwele - Lovisa in PE
Hare - Chantelle Liebenberg, Jeffreysbaai
Naels en andere (hehe) - Adele Vermaak, Humansdorp
Makeup - Debbie Atkinson, St. Francis Baai

The Venue

Ons seremonie en onthaal was by The Woods, Humansdorp.

My Bridal Beauty Regime

Ek was die week voor die trou by my terapeut, Adele Vermaak - sy het my soos 'n VIP behandel en bederf.

Wedding Elements

Alle dekor is deur Fabulous Functions gedoen, Maynie Cawood het haarself fantasties van haar taak gekwyt. Sy het my blomme ook gedoen. Ek kon nie vir beter vra nie.

My Groom And His Groomsmen

Ons het al die mans se pakke by Hire Society in PE gehuur.
Net SP het 'n das gedra en die skoene het hulle gekoop by Cape Union Mart.

Beautiful Bridesmaids

Pinterest natuurlik, was die begin van 'n idee vir rokke wat op die einde soveel beter uitgekom het. My sussie, Charlene Pretorius het die rokke vir my gemaak. Elkeen self, met soveel detail en liefde. Geen boutique / winkel / waar ookal, sou dit beter kon maak as wat sy het nie.

Marriage Officer

Ds. Kobus Stapelberg van Humansdorp gemeente.

My Captured Moments

Mari Bekker - sy is 'n super cool fotograaf. Ons was baie gemaklik en sy was BAIE geduldig met ons haha.
Ons het 2 polaroid kameras gehad by die photo booth waar 'n album was waar almal hulle foto's in geplak het en briefies by kon skryf.

The Wedding Planner

Die dag self het ons vir Maynie Cawood gehad en Ansa.

Wedding Transport

Ons het gebruik gemaak van vriende van ons se voertuig.

Food & Cake

Kos was fantasties, oom Flip en tannie Lenie Nel van Patensie.
Ons trou koek het bestaan uit 2 wiele kaas asook die lekkerste savory koek wat my skoonsus Chalise du Plessis gemaak het.

Wedding Stationery

Leasha van Printing & Signage in Jeffreysbaai.

The Reception and Entertainment

Ons het DJ Mannetjie gebruik van PE - hulle het musiek en beligting gedoen en was fantasties!