saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Letitia Burger van Vollenhoven

Married on Sep 23, 2017 in Gauteng

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Ons troue was vir ons n ware sprokies troue. Ons Kleur skema, tema regdeur tot ons trou koek. Ons tema was n kombinasie van Alice in Wonderland en Vintage. Alles was net perfek, die oudhede, kant, my rok se detail, juwele en Ryno se pak. My troudag styl was n kombinasie van Vintage en die fliek Alice in wonderland. Dis waar ek my inspirasie vandaan gekry het. Die vintage styl het gekom vanwaar ek altyd in my ouma se kas gekrap het, toe ek klein was natuurlik, en altyd haar krale met hakskoene aangetrek het, dan het sy altyd van haar kant gordyne gevat, om my gevou om n rokkie te maak en my lippies bloed rooi geverf. So het ek en my ouma altyd in haar tuin onder die boom gesit en tee partytjie gehou met haar koppies en pierings. Dis waar ek die liefde van oudhede, kant en krale af gekry het en daardie tyd al besluit het dat die dag wanneer ek gaan trou my rok gaan kant wees met perel juwele soos my ouma altyd gedra het. My hoogtepunt van ons troue was die voorreg om saam met my pa in die kerk se gang af te stap.

The Honeymoon

 

Ons was ongelukkig nie op wittebrood nie, maar my man was so romanties om vir ons n spesiale aand te reel by die
Griffons Estate in Randfontein.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ons troue was n ware sprokies verhaal.
My rok was kant met perels en n tikkie pers om die tradisionele wit rok te breek.
My hare was gekrul en gevleg met lig pers perel knippies in, self my juwele was perels.
Alles om in te pas by my vintage styl wat ek al van klein tyd af droom

The Venue

Ons troue was baie tradisioneel en ons is getroud in n kerkie in Randfontein.
Ons onthaal was gewees by Fantasy Farmyard in Randfontein.

My Bridal Beauty Regime

Ek jet elke dag gedraf, gymwerk en 8 glase water n dag gedrink.
Nooit gaan slaap sonder om my gesig te was nie, een keer n week n masker op te sit en
te scrub nie,

Wedding Elements

My decor was vintage...
Tafel versiering: ou teekoppies met blommetjies in.
In n ou lantern en perels om.
Fotorame vir nommers
Hesien servette en eetgerei houers met n spyskaart in
Bruids tafels was vol kerse mnr en mev tekens, fairy liggies ens.
My blomme en strooi meisies se blomme was handgemaak, en kan vir altyd hou as n memory.
Ons tafels en stoele was wit hout met charcoal, pers en blou tie backs en over lays.

Marriage Officer

Profeet Chris Pienaar

My Captured Moments

MJ Fotografie.
Hulle is n getroude paartjie wat saam foto's neem en jou so
op jou gemak laat voel het die heel tyd.

Daar was n Photobooth beskikbaar by die venue

Wedding Transport

Ek het die oulikse klein morris karretjie gehad,
wat eintlik n baie asemrowende verhaal het om te vertel