saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Bernice Traverns

Married on Sep 1, 2017 in Gauteng

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Dis 'n dag waaroor elke klein dogtertjie droom en dit het vinniger gekom as wat ek gedink het, maar voor die sprokiesverhaal egter kon begin was daar n paar kinkels in die kabel:
*Ek staan 1 uur die oggend in die reën en bid vir sonskyn.
* My ma val die oggend en kraak 2 ribbes 'n paar ure voor die seremonie en word na ongevalle gejaag.
*My man se broek skeur 'n halfuur voor die troue.
*My man se ouma brand haar voet met kookwater en kon toe nie die seremonie bywoon nie.

Maar na dit alles was die hoogtepunt van my dag toe ek voor die deur van die kerk staan oppad na die man van my drome, sy gesig het boekdele gespreek toe hy staan en huil soos ek in die gang af kom. Ek onthou hoe benoud ek was oor ons eerste dans omdat ek nog nooit regtig kon dans nie, ons het dit foutloos gedoen op die ritme van ons liefde vir mekaar.

Al het ons konfetti op 'n ander tydstip plaasgevind as wat dit moes was ek dankbaar dat ons gaste die seën op ons kon af bid deur hulle hande na ons toe uit te steek en vir ons te bid.

'n Ander hoogtepunt was defnitief ons fotos neem en die lekker lag saam met ons gevolg, my swaer het nog gespot en gesê: "dankie tog dis lente, die meisies skeer weer beenhare" vir 'n foto waar my man my been onder my rok beskou.

Van ons trou koek het ek net 'n hap "icing" gehad wat my man vol in my mond gedruk het en ons al twee praat nog van hoe graag ons van ons vanilla laag koek wou proe.

Dit was voorwaar die beste dag in my lewe en ek het soos 'n prinses gevoel wat deur haar ridder kom haal is.

The Honeymoon

 

Ons wittebrood was eers net: "kom ons kyk waar die pad ons lei" en toe 'n verassing.

Ons het die eerste aand by die venue oor geslaap en die volgende oggend ontbyt geeët waarna my man vir my 'n briefie gegee het van my ouers wat ons bederf met 'n spa dag en verblyf by Hakuna Matata in Muldersdrift.

Ons is die volgende oggend toe Middelburg toe waar ons in die Houthuisie gebly het en die aand saam om 'n vuurtjie gesit en na die sterre kyk het.

Die volgende oggend sê my man toe dat ons al ons klere in een tas moet pak omdat dit lyk asof ons verhuis en is ons toe na Crystal Springs waar ons elke dag uit gery het na plekke soos:
*Pelgrims rus se dorpie
*Sudwala Grotte
*Mac mac Falls
*Mac mac Pools
*Sabie se museum
*The pinnacle
*Harrie's pancakes
*God's Window
*Bourke's luck Potholes
*Big Swing in Sabie
*Ziplining in Hazyview

Ons is toe terug by die huis en het die leeupark in Harties gaan besoek waar ons met leeus en cheetahs interaksie gehad het, ons het ook 'n mak kameelperd gevoer.

Ons het ook 'n dag ingeruim vir bietjie adrenalien (asof die big swing nie genoeg was nie) en het toe n lekker dag by Goldreef City spandeer waar my man vir my 'n minion gewen het by 'n speletjie tafel.

Wedding Gallery

 

The Venue

Ons het ewige trou aan mekaar beloof by Tres Jolie in Muldersdrift.

Ons gaste het nie oornag nie, alhoewel daar baie gastehuise in die omgewing was het meeste van ons gaste maar van omliggende areas gekom.

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie is a country wedding venue situated on 5 hectre estate in Ruimsig, Gauteng. The venue is accessible to all major centres of the region and the tranquil estate offers...

Wedding Elements

Ons tema was Paris en Effeil towers... ons het in die gang by die kerk eifel towers met kerse gehad.

Op die tafels was daar n spieël op n boksie met kristalle, roosblare en 'n eiffel tower met 'n kers onder hom.

In die onthaal saal en buite in die bome was daar oral fairylights wat 'n romantiese atmosfeer geskep het.

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie is a country wedding venue situated on 5 hectre estate in Ruimsig, Gauteng. The venue is accessible to all major centres of the region and the tranquil estate offers...

My Groom And His Groomsmen

Die manne het almal pakke (suits) gedra met onderbaadjies en strikdasse.

My man het sy pak laat maak by Reliance Tailors in Roodepoort waarby sy skoene, kouse, cufflinks, belt, das en onderbaadjie ingesluit was.

Sy gevolg het hulle pakke by Oriëntal Plaza gekoop saam met hulle skoene en onderbaadjies.

My man het vir elkeen van sy gevolg strikdassies van hout laat maak saam met superhero cufflinks.

Beautiful Bridesmaids

My strooimeisies het lang koningsblou rokke gedra met plat skoene omdat ons maar almal ewe kort is en ek ook nie hakskoene gedra het nie. Hulle het al twee blou oorbelle en hangertjies ook gedra wat by die rokke pas.

Marriage Officer

Ons kerk se moderator het ons getrou, pastoor Marius Erasmus.
Hy is 'n dierbare Godsman en iemand vir wie ons groot respek het, ons sou niemand anders kies om ons te trou nie.

My Captured Moments

Ons spesiale dag is vasgevang deur die knoppie van Marzelle's fotografie.
Marzelle en haar pa is dierbare mense met wie ons op ons gemak was, hulle het idees vorendag gebring en saam met ons elke oomblik ingedrink en lekker gelag.
Ons het ook 'n photobooth gehad waaroor die mense gek was en ons moes amper in 'n lyn staan om almal afgeneem te kry, daar het ook baie lekker geselsies uitgekom.

The Wedding Planner

Ons het deur Tres Jolie met Happiness gewerk wat die dag gekoördineer het en seker gemaak het alles loop vlot.

Wedding Transport

Ons troukar was 'n koningsblou BMW M2 wat my man se beste vriend vir ons gereël het. Daar was ook 'n motorfiets waarmee my man en sy gevolg fotos geneem het.

Wedding Stationery

Ons "save the dates" het ons sommer self gemaak en dit baie geniet om dit saam te doen.

Ons trou uitnodigings was 'n trou geskenk deur my man se nefie en sy vrou.

Ons dankie-sê geskenkies( klein effeil towertjies met 'n boodskap) saam met ons gasteboek, ringboksie, tafelname en geskenkies aan die gevolg deur 'n oom wat lazer cutting doen gemaak.

The Reception and Entertainment

Ons het 'n baie lekker gesellige troue gehad vol pret waar almal saam gedans en gelag het.

Ons het deur ons Dj by Tres Jolie 'n komplimentêre dansles gekry wat ons bygewoon het. Tres Jolie het ons Dj (Soundworx) en beligting verskaf.

Soundworx

Soundworx

We are a registered full time business and have been specialising in weddings, corporate & private events since 1998.

Wedding Services Used

 
Soundworx

Soundworx

We are a registered full time business and have been specialising in weddings, corporate & private events since 1998.

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie Wedding and Function Venue

Tres Jolie is a country wedding venue situated on 5 hectre estate in Ruimsig, Gauteng. The venue is accessible to all major centres of the region and the tranquil estate offers...