saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Corietha Müller (Steenkamp)

Corietha Müller

Married on Aug 26, 2017 in Limpopo

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

The Honeymoon

 

To the colourful Clarens...

Wedding Gallery

 

My Special Day

Jurie en Corietha Müller



Dis 26 Augustus 2017 en ’n koel na-wintersdag begin met vlinders in my maag. Drie-uur lui die trouklokke op Naboomspruit in ’n kerk met loodglasvensters en afwagtende gaste. Ek, met drome in my oë, vars blomme en gehekelde weil in die hare, ’n bos deurmekaar blomme in die hand en ’n ligblou kanttrourok stap my “hero” tegemoet. Hy wag vir my met `n breë glimlag en met sagte oë. Cordier met sy unieke stem en kitaar se “Something blue” vul die kerk se ruimte.

In ’n ou lemoenstoor buite die dorp was die konkas met vure reeds aan die brand en het die lede van die boere-orkes hul instrumente ingestem. Die dak van die stoor was vol helder gehekelde doilies, liggies en lanterns. Die tafels het gekreun onder boere – meksikaanse eetgerei. Teen die mure was helder geverfde wildebeeskoppe met blomme versier, hout visse en op die tafels meksikaanse geverfde houtkatte. Die bruidspaar arriveer met Keina en Niel se blou 1960`s trok vol linte en versierings met `n string “high heels” uit dieselfde jare wat agterna sleep in die stofpad skuur toe. Die meel word gestrooi en die gaste skoffel terwyl bakke boerekos tafels toe gedra word.

Buite het `n yskoue wind gewaai, maar binne — daar waar al die mense wat ons liefhet was — was dit heerlik warm. Ons het tot laatnag gejol en ons harte was vol

Ons troue was Boheems...maar glad nie n sekere tema nie....ek en Jurie het besluit om goed te vat wat ons van hou en lief het...

Helder kleure...bok koppe...geverfde hout visse..geverde katte...bont borde..en Boeremusiek orkes...

My hare was net natuurlik...los en gekrul met vars gemengde blomme in...

My rok is my gunsteling deel van alles...n sagte "teal" kleur rok met hand geborduurde blomme op...my skoene was n persent van n vriendin af.....My gunsteling juwelier is Ayala Bar...so ons het gesoek todat ons die perfekte kunstuk van haar gekry het...

The Venue

We got married in the small town were we live...Naboomspruit..on friends farm in their Orange orchid and shed.

My Groom And His Groomsmen

Jurie het n mooi nuwe lig blou hemp aangetrek...en sy baadjie het ons sommer uit my pa se kas geleen...

Beautiful Bridesmaids

Die bruidsmeisies het helder kleure rokke aangehad...met n boheemse baadjie oor...met elkeen n paar Diochrocic glas oorbelle

My Captured Moments

Ons het fantastiese fotograwe gehad....

Mense met gesigte

Wedding Transport

Ons poeier blou ou Ford trok..."ou blue boy"...is geleen deur vriende....Neil en Keina Swart

Food & Cake

My liefste vriendin Michelle Gouws het my mooie troukoek gebak...met n vis en kat vir "cake toppers"

Wedding Stationery

Ons Vriend en kunstenaar..Piet Grobler het fie mooiste persoonlike kaartjie vir ons geverf...met al ons diere op...