saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Susan Simpson

Married on Jul 1, 2017 in Free State

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Tell us all about the proposal.

 

Colin se ma-hul bly op 'n plaas naby Thabazmbi.
Een goeie langnaweek besluit ons toe dat dit tyd is dat ons families mekaar ontmoet.
25 Maart arriveer die Kimberliete toe op die plaas en oom Roland stel toe voor dat ons bietjie oor die plaas gaan rondvlieg. Na 'n onderlinge ge-ching-chong-cha bepaal ons toe dat ek, Colin en my kleinsus, Heleen, saam met oom Roland gaan vlieg.
Nadat ons 'n rukkie gevlieg het, wys hulle toe na die aanloopbaan, waar Colin toe die vorige dag met gips die woord "sl jy met my trou Suzi" geskryf het. Toe ek met trane in my oe na hom kyk, het hy die mooiste ring in sy hand gehad en gevra of ek met hom sal trou.
Ek het so gehuil, dit het my 'n hele rukkie gevat om die woord "ja" uit te kry.
Toe ons land staan die hele familie en wag met glase vonkelwyn in die hand!

Magical Moments

 

Ons troudag was perfek!!
Ek het bittermin geslaap die aand voor ons troue - die skoenlappers wou nie rustig raak nie :)
Ek en my strooimeisies het vroegdag begin met grimering en hare en heerlik gekuier tussendeur. Om die vyf meisies naaste aan my hart by my te he was 'n massiewe voorreg.
So seer as wat dit was, kon my Pa nie by ons troue wees nie. Toe ek uit die troukar klim, toe gee my Ma haar foon vir my en ek kon met my Pa praat voordat ek na die kansel toe stap* Dit is my definisie vsn "perfect timing".
Die gevoel toe die kerk se deur oopgaan, die troumars begin speel en al my geliefdes voor my staan was beter as wat die flieks dit maak! Dit was die oomblik van waarheid waarin ek met my droomman gaan trou!!
Deur die hele seremonie het dit gevoel of ek op 'n wolkie sweef, ek moes heeltyd vir myself se dat ek nie droom nie, ek kon nie ophou glimlag nie en ek kon nie ophou kyk vir my man nie. Ek het wraggies soos 'n "lovesick puppy" gelyk.
Na die seremonie het die dag verby gevlieg en ek het gewens dat ek die dag net 'n uur of twee langer kon maak.
Die onthaal was asemrowend - mooier as wat ek in my wildste drome kon dink! Dit was ongelooflik om te dink dat almal in die vertrek daar was omdat ONS trou, omdat hulle vir ons lief is soos wat ons vir hulle is.
Een van my strooimeisies, Le-Chelle (wat vir my en Colin aan mekaar voorgestel het), het die heildronk op ons ingestel en daarna vir ons "The Prayer" gesing.My goeie vriend, Burgerd Botha, het ook ons troue bygewoon en toe sy een van sy liedjies, As Jy Nog Twyfel, gesing toe ons die dansbaan open :) Groot oomblikke!!!!

Wedding Gallery