saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Sunet Spies

Married on Apr 29, 2017 in Eastern Cape

Spies Karoo Liefdesfees

Ons het getrou op 29 April 2017 op 'n pragtige herfsdag by Blomfontein Venue tussen die beeldskone Karoo berge. Ons wou die spesiale dag absoluut opdra aan ons liefdevolle God, wat ons eerste liefgehad het en wat ons geleer het hoe om werklik lief te hê, om God te wees vir mekaar.

Met 'n groot aantal gaste het ons die dag begin deur as bruid en bruidegom ons lofsang te begelei, dit was so spesiaal, want ons het die voorreg gehad om uit ons harte uit die Here eer te gee vir die dag.

Met 'n pragtige boodskap van hoe ons onsself moet neerlê vir mekaar soos Christus vir die kerk en met ons geestelike leiers wat ons bedien het met die nagmaal, het die seremonie tot 'n einde gekom; en met min tyd het ons die laaste bietjie van die Karoo sonsondergang ingeneem met ons fotosessie.

Die onthaal was 'n feesviering, met rose, proteas en orgidee's wat die saal omring het met blomme geur, so ook die gelag en gelukwense van ons ongelooflike gaste! Soveel liefde en omgee en gelukwense het ek nog nooit van mense ervaar soos die dag nie.

Die aand het oggend geword saam met die spesiaalste mense in ons lewens en toe ons weer kyk toe is die merkwaardigste dag van ons lewens ook iets van ons getuienis en ons verlede, maar tog nog so vlak op ons hart; met elke treë was die Here so duidelik daar en Hy het Sy seën so oor ons uitgestort deur die hele proses!

Nou is ons al drie weke getroud en ons sê nogsteeds dankie Abba Vader vir ons perfekte dag!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Anella Wedding Shoes

Anella Wedding Shoes

Anella has put together a collection of the most gorgeous bridal shoes. We will help you find YOUR perfect wedding shoes to complete your journey to feeling like a Princess!