saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Elme Meiring

Married on Mar 31, 2017 in Western Cape

Ek sal ons troudag nooit vergeet nie. Ek het soos n prinses gevoel toe Marieta my hare en grimering gedoen het. Toe dit tyd raak om kerk toe te gaan het dit liggies begin reën. God het ons geseën. Dit het amper die res van die dag gereën. Niemand het omgegee oor hulle hare terwyl ons foto's geneem het nie en daarom is ons foto's so mooi en uniek -sprokiesagtig! By die onthaal wou niemand ophou dans of eet nie!

Ek en my man het die wonderlikste dag gedeel saam met al ons gunstelinge.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

How did your love story begin?

 

Ons het mekaar ontmoet by die skool waar ons saam werk. Ons het vir mekaar begin ogies maak toe ons een aand na n werksfunksie bietjie geskoffel het..en die res is geskiedenis.

Tell us all about the proposal.

 

My man het my vir ons "anniversary" verras. Hy het in Bettiesbaai by die dam n piekniek uitgepak met roosblare en die lot. Dis eers toe hy se ons moet afstap dam toe vir n foto dat ek ietsie sien blink tussen die riete. Die volgende oomblik toe ek sien, is hy op sy knie met die mooiste woorde wat n vrou wil hoor.

Magical Moments

 

Die dag was alles en meer wat ons ooit kon oor droom. Van die persoonlike, spesiale boodskap in die kerk tot die laaste dans. Alles was perfek en sprokiesmooi. Ek en my man het die hele troue self gereël en dit het bygedrae dat alles net soveel meer sentimenteel en spesiaal vir ons was.

Wedding Gallery

 

The Venue

Ons het by n klein kapel buite Stellenbosch getrou en die onthaal was by Skilpadvlei.

Wedding Services Used

 
Skilpadvlei Wine Farm

Skilpadvlei Wine Farm

Celebrate your special day in true country style chic at Skilpadvlei Wine Farm. The breathtaking views, charming architecture, lush gardens and vineyards add a bit of magic to ...