saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Christine Kilian

Married on Mar 18, 2017 in Gauteng

"Want ek weet twee dromers is beter as een"

Nota van die bruidegom...

Eendag, lank lank gelede, was daar 'n prins wat 'n prinses wou red wat opgesluit was in 'n toring... maar hierdie is nie daai storie nie...

Dit was 5 uur die middag, en die son het reg gemaak om te sak toe ek gekamofleerd in my Audi se tru spieeltjie terug kyk- en n blonde meisie in haar karretjie sien sit op haar telefoon… ek het geweet n blind date is nie n ding waarmee mens speel nie...

Soos die tyd aanbreek het almal opgedaag vir die geleentheid. Ek het in gestap en besef dat die oulike blonde meisie nie perongeluk daar was nie. Aan tafel het ons baie wyn bestel om die atmosfeer te breek en terwyl die pizza koud geword het, het ons al hoe meer begin lag en kuier. Later die aand, toe die kelners huis toe wou gaan het ons maar ook besluit om te vertoef. Ek het gedink om haar nommer te vra en so ook gedoen. Toe ek haar daarvoor vra kon sy dit nie onthou nie, en so ook kon ek nie my telefoon bewerk nie.

Alles was ’n blank… gevolglik was daar deur baie "ummms" en “ahhhhs" gewerk, en met ’n paar “kom ek help jou’s” het ons dit uiteindelik reg gekry.

Dit was die laaste en BESTE blind date ooit....Welkom by ons troue!!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery