saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Tineke Nel

Married on Dec 29, 2017 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Na 15 jaar saam het ons uiteindelik besluit om te trou op die mooie dag van 29 Desember 2017 op ons kleinhoewe buitekant Durbanville.

Dit was 'n sprokies dag vol uitdagings. Dit het begin met my span saam met my wat 'n uur en half laat was ...weens die tyd ons bietjie ingehaal het :)
Met al die gejaag en stres wat 'n mens beleef deur die loop van die jaar met alles wat beplan moet word, was alles vergete die oomblik wat jy met die troumars inkom...wat nog te se toe ek die bruidegom gesien het. Die seremonie was prentjie mooi... 'n oomblik van dankbaarheid vir die kans om in 'n huwelik te tree saam met niemand anders as jou beste vriend nie.

The Honeymoon

 

Ons het vir 'n kort tydjie gegaan na Knysa, waar ons ontspan het en net die tydjie saam geniet het. Gaan beslils hierdie jaar weer terug na die mooie Knysna..

Wedding Gallery

 

Wedding Elements

Ons het besluit op 'n rustic look wat mooi sal wees op 'n kleinhoewe.

My Groom And His Groomsmen

Bruidegom en sy broer het ligte bruin pakke aangehad vanaf Suite Hire in Cape Gate....

Beautiful Bridesmaids

My Maid of Honour het 'n off white rok aangehad wat ons laat maak het by Leon ( 'n mode ontwerper wat klere , aand rokke en trou rokke maak )

My twee blomme meisies het wit rokkies aangehad wat ook self gemaak was , met goue glitter skoene daarby (prentjie mooi)

My klein bruidjie se rok was gekoop , en klein bruidegom se suite was gehuur by Suite Hire in Cape Gate

Marriage Officer

Ons Marriage officer was Pastoor Piet van Kraaifontein.

My Captured Moments

Michelle Nobrega was ons fotograaf wat ek ontmoet het by my werk se foto sessie, en van daardie dag het ek besluit om vir haar te vra om my fotos te neem ...

Met dit gese , het sy vir ons 'n Verloofings shoot gedoen by Magic Forest in Bellville waarvan ons gewoont geraak het aan die kamera....

Die dag op die troue het Michelle en haar span naamlik , Sharon Nawacki-Olsen , Nicky Liebenberg en Peter Olsen hul self oortref, en dadelik ingeval met alles , van laat kom , ry na Klipheuwel en die perfekte oomblikke laat afneem wat saak maak...

The Wedding Planner

Tannie Zieta en haar span het my gehelp met alles , van my decor, trou koek, kos, rok, blomme, dankie geskenkies.

Tannie Zieta het ek ontmoet toe ek nog op skool was. Haar seuns was ook in my skool. Ons het mekaar lank geken , waarvan sy my broer se troue ook meer gehelp het 10 jaar terug. Sy het ook my 30ste verjaarsdag gedoen, waarvan sy my decor asook kos gedoen het ...

Met Tannie Zieta en haar span aan my sy , het ek geweet ek sal die perfekte dag he. Ons het 4 keer ontmoet , die res was in hulle hande.Alle decor was hand gemaak , wat dit so spesiaals maak met die tyd wat die 3 dames ingesit het vir my perfekte dag.

Daar was natuurlik drama met my rok wat ek laat maak het , en die Sondag die 24ste Desember toe ek my rok net weer wou aangepas het , was daar groot probleme, en ek moes inderhaas 'n ander rok gaan huur. Ek het direk na Tannie Zieta gery en sy en haar span het dadelik die perfekte rok vir my gehad...

Met dankbaarheid in my hart wat ek hierdie Tannie ken... Daar is min woorde , maar weet met sulke mense aan jou sy , kan 'n mens nie verkeerd gaan nie .... Sal nooit hulle opofferings vergeet nie ....

Food & Cake

Alles was gemaak deur Tannie Zieta en haar span...

Wedding Stationery

My trou uitnodigings was gemaak die The Pink Collections

The Reception and Entertainment

Die partytjie het so 'n kinkel in die kabel , weens ons dorpie se krag wat afgegaan het :) ...net voor die eerste dans :)

My broer doen Live Music en DJ vir verskeie plekke, so hy het inderhaas gery vir 'n Generator sodat ons musiek weer kan maak.

Met dankbaarheid vir so 'n broer wat dadelik gery het .....om my dag spesiaal te maak , is 'n mens se hart vol liefde!

Charl Kruger Sanger ...bly die beste...