saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Liana Prinsloo & Nick Prinsloo

Married on Mar 26, 2022 in Western Cape

 

Voting has closed for Couple of the Year 2022

Click here to open the 2022 competition page

Magical Moments

 

Ek en Nick het vir weke die kaap plat gery opsoek na ons spesiale plek om te trou. Een dag het ons toevallig deur die Weskus Nationale Park gery en op die mooiste stukkie aarde gekom. Net daar het ons die hotel in die area genader en gevra of ons daar sal kan trou... Die hotel bestuurder was baie behulpsaam en omdat dit n nuut geboude hotel was het hulle enige blootstelling verwelkom. Die mooiste uitsigte van die turquoise lagoon met die mooiste natuur!
Ons het besluit om die hotel vir 'n hele naweek troue uit te boek met ons naaste familie en vriende. Ek as die bruid hou oor die algemeen baie van troubeplanning en het baie goed self gemaak. Ons het ook dekor aangekoop om na die troue in ons huis te gebruik eerder as om duur items te huur. Ons het wit orgidee plante gekoop en op tafels gesit in blompotte wat ons baie goedkoper uitgewerk het as groot ruikers wat net 3 dae hou. Die orgidee het ons na die sondag oggend met almal se vertrek uitgedeel aan ons familie en na amper n jaar blom ons orgidee nog in almal se huise. Ons het ook fotos in mooi fotorame van ons met ons gaste op die tafel gesit wat hul huis toe kon neem. Ons goud en donker turquoise kleur skema het perfek inseparable by die lagoon en ook die hotel se blou en navy kleurskema. Die dekor was maklik omdat die hotel reeds als gehad het en ook op die saterdag als gedoen het om die tafels op te maak. Ek het net hier en daar my styl ingebring om dit stylvol te maak. Ek het regtig nie enige stres gehad nie en dit was so lekker om als met die hotel te reel. Die Vrydag aand het ons rustig gekuier en die restaurant het gebraai. Saterdag oggend, klaar ge-ontbyt het almal hulself geniet by die hotel se spa of by die lagoon. Die saterdag middag was dit tyd vir die lekkerste en mooiste bruilof. Elke minuut van die dag was perfek en die hotel se bestuur het letterlik gesorg dat als perfek gedoen is. Die seremonie is buite gehou onder die pagola wat oor die turquoise lagoon kyk. Die onthaal is in die restaurant gehou wat die mooiste sonsondergang oor die lagoon het. Ons het die lekkerste trou kos gehad wat regtig uit die boonste rakke was. Hulle verdien n prys in my oë. Ons gaste was die beste mense om behoorlik n goeie troue te maak. Ons het letterlik die heel aand gedans en soveel liefde en seën ontvang van almal daar. Die lekkerste was dat almal by die hotel kon oorslaap en elke persoon het baie ontspan en die naweek saam ons geniet. Sondag oggend het almal na ontbyt vertrek. Ek en Nick het nog 2 aande oorgeslaap in ons kamer by hotel om net als in te neem en lekker te ontspan en tyd alleen te kon hê na die naweek. Ons het so verlief geraak op die plekkie dat ons nou besig is om n huis te bou met die mooiste turquoise lagoon uitsig en permanente inwoners raak van die weskus.

Wedding Gallery