saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Michelle Strydom

Married on Sep 24, 2016 in Free State

Ons verhaal:

Dit was amper asof ons verby mekaar sou leef, maar die Here het wel gesorg ons kom by mekaar uit. Ek dink die rede daarvoor was omdat my man Lydenburg toe getrek het uit die Vrystaat uit toe ons net 6 maande saam was en die Here het geweet ons moet mekaar vind voordat ons mekaar nooit weer gaan sien nie. Ek was maar net 11 jaar oud, hy was 14, toe ons mekaar die eerste keer in ‘n gang op ‘n plaashuis sien waar ons ouers gebraai het. Twee jaar later op 13jarige ouderdom, toe trek ons langs hulle in. Nog voordat hy geweet het ek bly langs hom, het ek al geweet dit is die oukie wat ek twee jaar terug gesien het, want dit was beslis liefde met die eerste oog opslag (al het ek nie geweet wat liefde is nie, maar God het). Maande het verby gegaan toe vra hy my nommer. Niks daarvan gekom, ons het weer verhuis in dieselfde dorp en weereens twee jaar later toe ek 15 was en hy 18, sien ons mekaar op ‘n begrafnis waarvan nie een van ons twee die ou wie se begrafnis dit is geken het nie, hy was slegs ‘n vriend my broer en sy suster. Ons altwee was nie eers veronderstel om daar te wees nie. Die volgende aand het ons ons eerste “date” gehad, 6 maande daarna het hy saam sy ouers Lydenburg toe verhuis van Welkom af (ek en my man het gedink dit gaan moeilik wees, ons was so jonk) ons het vir 3 jaar ‘n langafstand verhouding gehad, waar hy elke 2 weke vir ‘n week by my kom kuier het, en toe ek klaar is met matriek, het ek en hy altwee Bloemfontein toe verhuis. Vandag 9 jaar later is ons gelukkig getroud. Hy is my eerste en laaste liefde. Ons het mekaar 13 jaar laas vir die eerste keer gesien. Van daardie dag af droom ek al om met die man te trou wat ek vir die eerste keer in daardie gang op die plaashuis gesien het.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to see the 2016 competition results!

Wedding Gallery