saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Mia de Roubaix

Married on Apr 16, 2016 in Western Cape

Weskus Confetti

‘n Baie spesiale gas het by ons troue opgedaag. Sy het nie ‘n uitnodiging gekry nie, maar onwetend het ons haar maande voor ons troudag al gevra om ons huwelik te seën toe ons die volgende woorde op ons uitnodiging gebruik het:

Ek het jou liewer as die wind of water,
Liewer as suiwer sonlig en see.
Ek het jou lief met die hart wat ‘n mens aan mens kan gee.

Ons wou trou aan die Weskus, die plek waar vier seisoene in een dag draai en ook die plek waar ons mekaar ontmoet het. Ons tema het gespog met die Weskus se mooie eenvoud. Die pragtige Cape StMartin Natuurreservaat, opgekikker met die glanswater van Britannia Baai waar jy die son sien opkom en sak op die voorstoep van die SeaTrader. Ons het die natuur se elemente gebruik om ons dag mooi te maak, en sy het haar seëninge op ons laat neerdaal soos Weskus confetti.

16 April - ons kry ‘n perfekte oggend, die warm sonskyn het almal soos besige bye laat rondzoem van opgewondenheid. Die harte is vol en trane lê vlak, want jy besef hoe groot die oomblik is EN dat dit so vinnig verby gaan.

Die gaste wag en toe ons uiteindelik voor die dominee staan met die groot oop see op die horison en die stralende gesigte van familie en vriende op ons, kon mens eintlik voel hoe almal se liefde hul armpies ui tsteek en om ons toe vou.

Die oomblik was onvergeetlik, het ons gedink, absoluut onverbeterlik. Tot majestieuse Moeder Natuur haar by ons aangesluit het tydens die fotosessie by die StColumbine lighuis.

Sy het ons uitbundig gesoen met haar seesandlippe, geseën met haar soutwater sproei en ons nader aan mekaar gedryf met haar stormsterk krag. Sy het ons aan mekaar laat vasklou en my droomrok soos vlerke onder my laat uitsprei.

Pragtige Moeder Natuur het opgedaag en vir ons ‘n toneel geskep wat vir menige paartjies ‘n ramp kon wees, maar vir ons was dit seëninge van son, see, wind en water wat oor ons uitgestort het.

Die mooiste van als is dat ‘n mens in jou huwelik deur son, see, sand en weer moet kan saamstaan en na al die jare nog moet kan sê “ek het jou lief met die hart wat ‘n mens aan mens kan gee”.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to see the 2016 competition results!

Wedding Gallery