saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Marese Homann

Married on Apr 2, 2016

'There is only one happiness in life - to love and be loved.'

Na amper 5 jaar van 'n 1600km langafstand verhouding het ons sprokiestroue in die wingerd omringde dorpie Rawsonville plaasgevind. 'n Tyd waaroor gedroom was, om daardie 1600km agter ons te sit, om ons lewe saam te begin.

Op 4 September 2015 het Jaco die groot vraag by die pragtige Botaniese Tuine in Bloemfontein gevra. Met 'n geheime fotograaf om die spesiale oomblik op te neem.

Na 'n week van 'n winderige koue Kaap in April, het die mees perfekte dag aangebreek, met die pragtigste weer en sonstrale waarmee ons Hemelse Vader ons dag geseën het.
Die dag was geseën met soveel liefde en geluk van familie en vriende, tye wat altyd ge-'treasure' sal word.

Die dag was gevier by die pragtige Bergland Venue in Worcester, waar ons die res van ons spesiale dag saam met familie en vriende kon spandeer.

Dit was 'n dag waaroor ek altyd sal terugdink. 'n Dag waar ek en Jaco een kon word en elke oomblik wat voorlê kan saam spandeer.

Ek en Jaco het die spesiale tyd in ons lewe in die mooie Thailand gaan vier.
Ek glo dat die tyd vorentoe met soveel liefde, geluk en vrede geseën sal word met 'n man wat my elke dag op sy hande dra.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to see the 2016 competition results!

Wedding Gallery

 

The Venue

Wedding Services Used

 
Didi Couture

Didi Couture

Motivated by "all things beautiful", the work of Didi and her team is sure to leave you enchanted.