saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Stephanie Botha

Married on Mar 26, 2016 in Western Cape

Ons troue was ‘n ware sprokies dag vol liefde. As ons terug dink aan ons troudag kan ons nie anders as om breed te glimlag nie, dit was ‘n dag wat werklik ons drome oortref het. Die oggend was ek so opgewonde, ek kon nie wag om my lewe saam met hom te begin as MEV Botha nie. Saam gaan ons nog baie sakke sout opeet, maar ek sien kans vir enigiets met hom – Hy is my HART, my siel en my BEST vriend. Die eerste keer, toe ek perfek in sy armholte gelê het, het ek geweet dat dit MY plekkie is. Dis ’n gevoel van “ek hoort hier!
Verlief met skoenlappers in my maag en my binnegoed wat bewe soos ’n bak halfgestolde jellie! Liefhê dat dit seermaak wanneer ek nie by hom is nie, my laat huil van bly wees en my laat glimlag tot die honde my snaaks aankyk. As dogtertjie droom jy graag van jou troudag - jy droom van ‘n man wat vir jou in die kerkie wag met net liefde en bewondering in sy oë, jou pa wat jou hand styf vas hou terwyl hy jou in die gangetjie af begelei, jy droom van jou sprokies trourok en die glimlagte en opgewondenheid van vriende en familie - maar jy droom nie van reën en wind op hierdie dag nie. Ons het getrou op Caledon, in die einste WesKaap waar jy ál 4 seisoene in een dag kan beleef. Ons het geweet dat daar ‘n moontlikheid was dat dit op ons troudag kan reën, maar steeds het ons gehoop op ‘n mooi sonskyn dag soos ons al telkemale met ons vakansies daar ervaar het. Die 26ste Maart 2016 was die dag wat God die hemel se winde oopgemaak het en die droeë land geseën het met 'n bietjie reën. Die kerkie se dak is van sink gemaak - hoe gaan enigiemand hoor as ons ja sê? Ek het met 'n geruste hart in die sink kerkie ingestap, wetend dat God sal sorg. En Hy het - die wind het vir die halfuur seremonie genoeg gaan lê dat ons aan mekaar ons ewige liefde en trou kan beloof, in God se teenwoordigheid. Die wind het ons fotos 'n spesiale effek gegee en die reen wolke ook. Ons dag was besonders, en om natuurlik my beste vriend my man te kon noem daarna, het die dag perfek afgesluit.
Ons seremonie sal ek nooit vergeet nie, dit was die mooiste oomblik ooit, ons beloftes aan mekaar was eg, selfs nou terwyl ek hier tik, kry ek ‘n knop in my keel en arms vol hoendervleis

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery