saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Charlene Jordaan (van der Merwe)

Charlene Jordaan

Married on Mar 26, 2016

Uiteindelik!! Ons GROOT dag het gearriveer.... 26 Maart 2016.....

Dit was 'n koue Paasnaweek gewees. Die oggend het dit gereën, maar dit het my geensins gepla nie. Daar was 'n rustige, kalmte oor my. Ek was opgewonde, want my lewenspad met my beste vriend gaan begin & ons familie & vriende deel die dag saam met ons. Ek het soos 'n prinses gevoel met my cowboy bootse aan.

Toe die tyd aanbreek om na die serimonie te ry, het dit opgehou reën. Ons troue was op 'n plaas, tussen die Cedarberge, langs die Olifantsrivier. Die tema was 'n regte plaas, "country" tema. Die trou kar was my pa se 1963 Fordson Super Mayor trekker met die wa, mooi getooi om op te sit.

Die troumars het begin, skoenlappers het in my maag rond gefladder & knop in die keel was daar definitief. Dit was die lekkerste gevoel om te weet, ek is oppad na my lewensmaat.

Die dominee het vir ons geskenke gegee in sy preek, om ons te herinner aan hierdie dag. Vatlappe - ons moet mekaar sag hanteer. Maat bekers - liefde kan nie gemeet word nie. Die een kan nie meer lief wees vir die ander een nie. Bubbles - ons moet ook fun hê in die lewe. Dit gaan nie net alles oor werk & stres nie. Dit sal ons vir altyd by ons dra.

Die onthaal was ook in 'n saal op die plaas, Die Vlei, buitekant Citrusdal. Die saal was betower met liggies, hessing, proteas, woestyn rose, lanterns & windpompies. Almal het lekker saam gekuier.

Die aand 10h het dit weer begin reën. Ons & die fotograwe (Linda Vos Photography) het buitekant toe gegaan om die mooiste fotos te neem in die reën. Dit was asemrowend.

Dit was die wonderlikste & mooiste dag van ons lewens & sal dit vir altyd onthou.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

My Captured Moments

Wedding Services Used