saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Zamone Cronje (Schultz)

Zamone Cronje

Married on Feb 12, 2016

Ek is reeds vroeg uit die vere van opgewondenheid! Dit was 'n ekstra pragtige sonnige dag. My naaste familie en my strooimeisies was reeds vroeg daar om die dag met my te deel. Stadig het alles in plek geval. Dit was 'n lang wag na die seremonie toe maar ook die korste dag in my lewe! Almal en alles was reg vir 4 uur sodat ons, ons troubeloftes kon aflê en ek het presies 4 uur ingestap na my toekomstige man. Die oomblik was te groot en die emosies was so oorweldigend dat ek trane van blydskap gehuil het! Na 8 jaar het die dag uiteindelik aangebreek. Toe ek Daniel sien en hy met sy bewerige hand my hand vat .... het ek geweet hier is presies waar ek wil wees! Die hele diens deur was die donderweer by ons teenwoordig en 'n paar druppels het neergeval, 'n seën van Bo! My troudag het net té vinnig verby gegaan! Dit was verseker die beste dag in my lewe saam met my man en al ons familie en vriende wat kosbaar is vir ons!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2016

Click here to open the 2016 competition page

Wedding Gallery