saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Chrisna Kleynhans

Married on Feb 6, 2016 in Free State

As twee gesoute Vrystaters die dag afhaak, is dit inderdaad HAAK VRYSTAAT!!! En waar beter as daar waar die warm Februarie-son oor wuiwende grasvlaktes dans, waar ou bloekombome ritselruis in 'n salige bries; waar die spoorlyn die grondpad toevallig kruis terwyl die silo's die horison kerk-maak ... dáár waar die Bybelse Daniëlnaam rus raak, dáár waar hartland met hartsmense ons tuiste is.

In die saaltjie vlak langs die stofpad beloof ek en my ‘mechanic’-man trou aan mekaar.
As bruid was dit my voorreg om 'n kinkel in die troudag te sit met die aweregse kleurskema van wit, swart en so titseltjie rooi vir mooi.

Pastoor verleen 'n ou-wêreldse uniekheid aan die seremonie waar my bruidegom my by my ouers kom haal, my pa my afgee en ek en hy ons saam-pad betree.

Buite wapper vlaggies in feestelike pret en elke hartmense kry 'n ballon wat met baldadige speelsheid losgelaat word. Terwyl ons met kiekies-neem ons herrinneringe vasvang, verkwik ons kuiermense hulself met vars gebakte brood en heerlike tuisgemaakte boere gemmerbier.

My broer was ons seremoniemeester, hy het mense vermaak met sy snaakse manier van dinge vertel en doen, kon nie vir ‘n beter seremoniemeester gevra het nie.

Na weke se dansklasse open ons die dansbaan, maar weens ‘n ‘misverstand’ skop die krag uit en moet ons die makietie weer begin! En daar word weldeeglik fees gevier en hartlik gekuier.

Intussen kon daar aangesit word aan ‘n eg-boerekos-ete! Dis nou een maer kok (dierbare vriendin) wat jy heelhartig kan vertrou! En die kuier hou aan tot in die oortreffende trap!

Laatnag hang 'n skewe sekelmaan agter die bloekomreuse. Ons ry huis toe met die wete dat vandag slegs die begin is van ons liefde vir mekaar en ‘n lewe saam. Ons troudag was dit waaroor ek as klein-meisiekind gedroom het ... en sóveel meer.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2016

Click here to open the 2016 competition page

Wedding Gallery