saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Anell Van Romburgh

Married on Feb 20, 2016 in Western Cape

Ons Perfekte Sprokiesdag Troue het afgespeel in die pragtige wynlande van Riebeek Kasteel, by Het Vlock Casteel!

Na al die jare en jare se gewag ..was dit beslis die moeite werd. Ons liefdesverhaal het al 22jaar terug begin toe ons mekaar in laerskool ontmoet het, en van daardie tyd af het ons al 'n ogie op mekaar gehad. Graad 11 het ons begin uitgaan en van daar af het ons al 'n pad saam begin stap. Na 16jaar saam, was ons albei vreeslik opgewonde om uiteindellik te trou!

Als was so perfek! Toe ek daardie dag opstaan, kon ek nie wag om my prins voor die kansel te ontmoet nie! Die hoogtepunt was definitief toe ons mekaar die eerste keer sien daardie dag...trane van blydskap het gevloei! En natuurlik ook die asemrowende Perde-Koets waarmee ons almal verras het!
So ongelooflike gevoel, dat ons vir ewig ons lewens saam kan deel, en so opgewonde oor als wat die toekoms inhou.
Die gaste het so lekker gekuier en ge-eet. Die venue was perfek, die kos heerlik en met die jolige musiek en vermaak van een van ons vriende het die gaste omtrent die feesvieringe geniet! Nes ons dit wou hê!

Life is a journey...not a destination. En saam gaan ons die journey propvol liefde en geluk geniet!!

Kyk gerus na ons 'Wedding Preview' http:/vimeo.com/164604595 deur Langeberg Weddings

Venue: Het Vlock Casteel
Trourok: Anje Bridal Couture
Fotograaf: Carina K Photography
Videograaf: Langeberg Weddings
Dekor: Mella Bella Flowers and Decor
Troukoek: Cecilia Dramat
Hare en Naels: Hair and Beauty Gurus
Make-Up: Karen Ferreira Make-Up
Perdekoets: Piet Lourens Horses and Carriages
Gastehuise: Dames - Katarina's Guesthouse Riebeek Kasteel
Mans - Eldorado Guesthouse Riebeek Kasteel
Musiek en Vermaak: Desmond Wells
Photobooth: iCandy Photobooth
Kaartjies/Printing: Toast & Tassels Event Stationary

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery