saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Lelanie Van der Merwe

Married on Dec 17, 2016 in Free State

Ons troufees

Troues is altyd fantasties. Dit was vir ons as paartjie altyd 'n voorreg om genooi te wees en ons het onsself altyd gate uit geniet. Ons was by troues in groot kerke, klein sale en alles tussen-in. Na die tyd het ons altyd saam gesit en gesels oor al die mooi oomblikke waarin ons kon deel. Ons kon egter nog nooit na 'n troue met vrymoedigheid se dat dit 'ons' was nie. Ja, almal was uitsonderlik op hul eie manier, maar geen een was 'n templaat vir wat ons wou gehad het nie.

Ons het besluit om alle reels by die ruit uit te gooi. Ons wou he dat dit meer soos 'n groot kuier moes wees as 'n formele troue met formele trou tradisies. Geen vaste program, slegs bruid en bruidegom speech, geen formele aankoms... Lekker live musiek te danke aan die Blomtrein en ruimte vir mense om die aand te geniet net soos hul wil. Dekor was kleurvol, verskeidenheid blomme en bottels, met liggies op die grasperk en tafels onder die sterre. Kos-gewys wou ons baie daarvan he! Ons wou ook nie gehad het dat iemand vir mens skep nie. Elkeen kon eet net soveel as wat hul will, en dan nog meer ook.

Die kersie op die spreekwoordelike koek was natuurlik dat ons voor die Vader beloof het om mekaar vir die res van ons lewens lief te he en op te pas.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to see the 2016 competition results!

Wedding Gallery