saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Mary-Ann Neethling

Married on Oct 15, 2016 in North West Province

"Beauty begins the moment you decide to be yourself" - Coco Chanel

Ek weet almal se hulle trou dag is spesiaal - maar as twee sielsgenote trou is dit werklik besonders. Ek en Juan was vir baie jare lank vriende gewees en die Here het ons harte so vir mekaar gekweek dat ons vriendskap in liefde ontblom het - dit was hierdie liefde wat ons trou dag uiters spesiaal gemaak het. Ons liefde vir mekaar was tasbaar in elke klein detail van ons troue en elke gas kon daai dag voel en sien ons liefde is eg en dat ons vir mekaar bedoel is. Ek het nog nooit so mooi gevoel in my lewe soos met ons trou dag nie en Juan se trane in die kerk het net bevestig dat ek nie verniet so mooi voel nie. Ek het besluit om te gaan vir n uitsonderlike rooi kleur op my lippe en gekombineerd met my swart hare was dit n treffende prentjie met my wit "mermaid" rok. Al hoewel ek baie komplimente gekry het was die mooiste een gewees toe my man saggies vir my in die kerk fluister deur sy trane: "Jy lyk pragtig my skat".

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to see the 2016 competition results!

Wedding Gallery