saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Married on Oct 8, 2016 in Limpopo

Ons troudag was n’ baie spesiale, maar ook n emosionele dag vir ons altwee. Uit die aard van ons verskillende herkomste - ek van Chile ( Suid Amerika ) en my man n eg Suid Afrikaner - het ons besluit op n boere troue, maar een met n verskil...
Eers die bevestiging van ons huwelik in n tradisionele, statige 1899 kerk en toe vandaar met n perdekar met n pragtige swart perd na n naby geleë lodge. Ons kleurskema was " lavender " en was geïnspireer deur al die jakarandabome en die datum van ons troue was daarom ook die mooiste maand naamlik Oktober!
Binne die onthaal area kon ek my stempel afdruk en n stylvolle, gesofiktikeerde en moderne voorkoms skep met o.a. pers en helder ligte en spogerigge gedekte tafels. Ons wou spesifiek die oud en die nuwe kombineer sodat ons gaste van oorsee en ons mense wat in Suid Afrika bly kon laat uitkyk op ons lewe hier in ons land

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery