saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Lize van Wyk (van der Westhuizen)

Lize van Wyk

Married on Sep 19, 2015

Ons sprokies verhaal troue het plaas gevind in die bosveld net buite nylstroom by die prentjie mooie Kuthaba Bush Lodge. Alles was presies soos ons daarvan gedroom het. Die oggend van die troue het ek wakker geword by die venster uit geloer watse dag op my wag en net kameelperde orals om my in die veld gesien. (Kameelperde is my gunstelling wilde dier). Die weer was perfek en alles het seep glad verloop. My strooimeisies het pragtig gelyk en my so mooi gehelp aantrek. Toe die oomblik aanbreek vir my om na my bruidegom toe te loop was die emosies maar hoog en trane vlak. Hy het baie handsome gelyk en ek kon nie wag om met hom te trou nie. Ons het bo op die berg getrou met die mooiste uitsig oor die bosveld. Dit was 'n baie intieme troue met almal waarvoor ons lief was daar. Die onthaal was heerlik, die tafels prentjie mooi presies soos ek daarvan gedroom het, die proteas was die hoof blom van die troue en was defintief die regte keuse. My bruidegom het die mooiste woorde gese in sy toespraak wat my hart sommer vinnger laat klop het en oorloop van vreugde. Ons het lekker gedans en gelag saam almal waarvoor ons lief is, tot in die vroe more ure.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to see the 2015 competition results!

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Kuthaba Bush Lodge

Kuthaba Bush Lodge

Kuthaba Bush Lodge is a private game reserve situated near Modimolle, in the Limpopo Province and forms part of the serene Waterberg Mountain Range, renowned for its exquisite ...