saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Mandy Stals (Taylor)

Mandy Stals

Married on May 30, 2015 in Western Cape

Hoe begin ek die dag beskryf as alles so perfek was. Ek is so rustig en kalm soos die reen druppels wat saggies nou en dan val met die sonstrale wat liggies deur die grys wolke kom. Almal wat om my lag, vreugde en dankbaarheid saam my laat uit straal. Die grimering en hare is klaar en nou het die tyd aan gebreek wat elke meisie haar lewe lank van droom...Om daardie mooi wit rok aan te trek wat daar in die venster hang waar die sontrale so mooi deur slaan. Van flinders in die maag tot "tears of joy". Die ry vanaf die gaste huis tot die kerk was een groot “emotional ride”. Na 'n klein motor ongelukkie waar ons oppad was na die kerk, (gelukkig sonder enige beserings vir my en my gevolg) het ek net weereens besef dat die dag gebless is en dat niks in ons pad sal staan om die dag as man en vrou af te sluit nie.
Die oomblik toe ek in die kerk instap en die man van my lewe sien, toe klop die hart “klop dissel boom “. Ek het net weereens besef dat hierdie die begin van die res van my lewe is.
Met die ‘Boere Makietie’ tema, kon ons lekker speel. Ons het albei plaas kind in ons harte, met die windpompe en die ou Borgward trokkie het ons daarom besluit, hierdie gevoel moet ons troue he met ‘n titseltjie Vintage.
Die hele atmosfeer by die onthaal was net absoluut sprokies en warm. Dit wat ek daarvan kan onthou (die tyd gaan staan beslis nie stil by ‘n lekker troue nie), was absoluut alles die moeite werd gewees. Die besef van jy is EEN maak dat jy aan niks anders kan dink as net die toekoms en jul lewenspad vorentoe.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
To-Nett’s Flowers, Décor & Hiring

To-Nett’s Flowers, Décor & Hiring

‘Live your dream wedding with To-Nett’s’ For more than 30 years our inspiration has been our clients!