saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Hanneke van der Merwe (Kotze)

Hanneke van der Merwe

Married on May 29, 2015

Dit was die perfekte herfsdag! Ons was geseënd met reën, maar gelukkig darm eers na die foto's. Ds. Cornie het die mooiste boodskap gegee saam met ons huweliksbevestiging en alhoewel mens oor die algemeen maar min onthou van die kerk sal ek altyd die boodskap onthou; "die huwelik (en lewe) is baie soos 'n gholf tellingkaart, daar is soms nulle en soms ene of twee's, maar ons hou aan met speel ten spyte van die baie nulle" en dit was baie gepas met 'n skoonfamilie en hope vriende wat gholfers is. Adele het haar weer uitstekend van haar taak gekwyt om ons mooi dag vas te vang op film. Ons was ongelooflik geseën om 3 oumas en 'n oupa teenwoordig te kon hê op die dag. Familie uit sover soos Engeland het ons spesiale dag saam met ons gevier. Een van die strooimeisies het 'n baie spesiale heildronk op ons ingestel, baseer op 1 Kor. 13, en dit was sulke mooi woorde en alles so van pas op ons verhouding en die uitdagings wat ons as unieke mense in die gesig staar. Die kos was uit die boonste rakke en die bestuur by Het Vlock Casteel het die aand seepglad laat verloop. Ons het 'n wonderlike eerste aand van die res van ons lewens gehad, saam met besonderse familie en vriende! Met soveel seëninge en genade van Bo, kan ons net dankie sê vir ons Hemelse Pappa vir 'n besonderse dag en 'n besonderse huwelik wat nog voorlê.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to see the 2015 competition results!

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Het Vlock Casteel

Het Vlock Casteel

At the foot of Kasteelberg, amongst the wide Riebeek Heavens lies a castle, as if from the Middle Ages.

Didi Couture

Didi Couture

Motivated by "all things beautiful", the work of Didi and her team is sure to leave you enchanted.