saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

MARITZA SAAYMAN (TROTZKY)

MARITZA SAAYMAN

Married on Mar 7, 2015

Vanaf ons tiener jare bid ons al vir God dat Hy eendag ons die lewensmaat sal gee wat Hy vir ons uitgekies het. Hoe geseen is ons elk nie dat hy ons bymekaar uitgebring het nie. Nooit het ons eens geweet dat ons 3km vanaf mekaar af in dieselfde dorp groot geword het nie. Ons liefdesvlam is werklik onuitwisbaar. Twee harte het Hy een gemaak. Soos elke bruid wou ek graag gehad het alles moet perfek verloop, 6 maande gereel aan ons perfekte dag, 4 weke voor die groot dag kry ek n oproep by die werk, ons venue is dubbel geboek. Angs bevange, spring ek op die foon, bel ek my verloofde..hoe nou, hoe kry ons nou n nuwe venue... op dieselfde dag ook nog!? Fotograaf, make up artist, hairdresser, pastoor...die hele span is uitgeboek vir die res van die jaar... my hart klop in my keel, ek bewe, ek het begin met n nuwe werk, vind nog my voete, is onder druk, werk oortyd, waar kry ek die tyd om nou alles te verander...met hierdie woorde stel my verloofde my gerus... "liefie alles sal uitwerk, moenie worry nie jy sal sien, ons gaan die beste dag ooit he" Met rustigheid in my hart gee ek dit oor aan God en weet ek trou die man wat hy my gestuur het, alles sal uitwerk nes my verloofde gese het. Nie lank nie bel hy my terug, "ek het vir ons n venue gekry, die een wat ons eerste gaan kyk het en graag wou gehad het, hulle gaan ons uithelp op dieselfde dag en tyd"... nadat hulle vroeer die jaar gese het hulle is toe vir troues. Ons het net weereens besef God is in beheer. Dit is amper te moeiluk om die beste dag van ons lewens om te sit in woorde. Ons seremonie en onthaal was buite in die mooie tuin van Diemersfontein in Wellington wat my herinner aan die tuin van Eden waar God die eerste man en vrou bymekaar gebring het. Die natuur is asemrowend mooi, boomryk met die gesing van voeltjies orals om jou, met eekhorningtjies wat baljaar tussen die groot akker bome en die houtkapper se gakap wat weergalm in die bos. In die agtergrond hoor jy die gedruis van stemme,die lag van kinders wat baljaar in die tuin. Toe die son sak, het die buitelig onthaal ons asems weg geslaan met musiek wat die perfekte atmosfeer skep, liggies orals en die dansvloer wat nie een keer leeg gestaan het nie. Dit was n fees saam met familie en vriende, ons het ons gate uit geniet en kan nou nog nie uitgepraat word oor ons perfekte dag nie. Kos was uit die boeke. Nooit in my drome sou ek ooit kon raai dat alles so perfek uitgedraai het nie, veral nie nadat ons die teleurstellende nuus ontvang het en inderhaas alles moes verander het nie, en boonop geld ook gespaar het nie. Hierdie is net een hoofstuk van ons liefdesverhaal, dit word elke dag oorgeskryf, want dit word net mooier en beter.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Elizabeth Stockenström

Elizabeth Stockenström

Elizabeth’s gowns are the ultimate in femininity, romance and sensuality. She has built an enviable reputation for creating exquisite bridal gowns, using only the best fabrics.

LilyBlue Design (Pty) Ltd

LilyBlue Design (Pty) Ltd

LilyBlue™ LOVES styling brides with handmade, designer wedding jewellery and accessories using freshwater pearls, crystals, feathers, fabrics, diamante and vintage pieces