saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Jana Oosthuizen (Coetzee)

Jana Oosthuizen

Married on Mar 14, 2015 in Western Cape

Óns dag het aangebreek…die dag wat ek weer en weer sal wil herleef. Almal hoop en bid vir ‘n mooi sonskyndag en ons was regtig geseën met die mooiste somersdag met geen wind aangesien ons buite getrou het. Ek het die oggend van ons troue wakker geword met ‘n wonderlike rustigheid oor my en ek was ongelooflik opgewonde. Ek en Retief is baie lief vir die natuur en juis daarom het ons besluit om ‘n opelug troue te hê met liggies en kerse orals om ‘n romantiese gevoel te skep, as jy opgekyk het by die onthaal het jy net sterre gesien, ons het die Here se seën en teenwoordigheid definitief gesien in ons spesiale dag. Die seremonie was langs die Breërivier en ek het op ‘n bootjie aangekom op die rivier waar my man en ons gaste my ingewag het, ek sal daardie hoendervleis gevoel nooit vergeet toe ek en my pa afgestap kom en ek vir Retief sien met ‘n emosionele glinster in sy oog en die woorde van “marry me” deur Train in die agtergrond gesing word deur die musikant tussen berge en die rivier wat lyk soos ‘n spieël. Alle oë is op jou gerig op daardie oomblik, maar myne was net om vir Retief te soek. Ons kon nie wag tot die domniee sê julle mag mekaar maar soen, daarna het ons geweet nou wag daar ‘n groot “party” vir ons en ons vriende en familie. Toe ons hoor ons liedjie speel by die onthaal wat tussen ou perdestalle was in die opelug, het ons opgewonde ingestap by die onthaal met die mooiste mooiste décor, goue kerse en sagte pastel kleur blomme, live musiek, almal wat brandende liggies in die lug swaai en jy voel of jou hart gaan uitbons van oorweldigheid. Ai dit was bitter spesiaal en ek sal daardie gevoel vir niks verruil. Ons het die dansbaan geopen en daarna is huildronke ingestel. Nie eers “load shedding” tydens die open van die dansbaan kon ons oomblik bederf, generators moes maar die ding doen sodat ons ten minste net klaar kon dans. Dit alles is deel van die pret en onthou stories van ons troudag. Daar is gedans tot vroeg oggend en ek en Retief het na die troue nog rustig ‘n glasie vonkelwyn saam gedrink net om weer rustig alles in te neem en te lag oor alles wat die aand gebeur het, veral sommige gaste te dansvernuf. Ons sal niks wil verander van ons mees spesiaalste dag nie en die lekkerste is om nou elke dag langs my man wakker te word.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery