saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Hesmarie Bouwer (Bornman)

Hesmarie Bouwer

Married on Mar 7, 2015

Liewe leser-vriend/vriendin...
So bly jy aanvaar die uitnodiging om vandag saam met ons ons SPROKIESTROUE van 7 Maart 2015 te geniet....
Kom stap saam met ons 2 gebore plaaskinders op ons ouers se plaas ONZE RUST... die son skyn en dis mooiweer.
Formeel geklee stap jy in die rigting van die spierwit kapelletjie, weggesteek tussen die lowergroen van mielies in die middel van die mielieland!
Sit rustig op die oorgetrekte stoele want die sprokie gaan begin....
Pappa se gerestoreerde Fordson ysterwieltrekker is 'n plaasdogtertjie se droom wat waar word..die troukar!!
5 pragtige bruidsmeisies, elk met 'n lewendige spierwit hoenderhennetjie as handruiker getuig van 'n troue OM TE ONTHOU!
Die bruidegom, 5 strooijonkers en 200 gaste verstom hul aan die eg plaasheid te midde van die formele, dog gesellige atmosfeer...en toe moet die ringe gegee word...om die nek van die allermooiste ringdraertjie, 'n hans grootgemaakte babadonkie! Onbeskryflik! Onvergeetlik! Seën en liefde reën op Mnr en Me neer met hul uitstap uit die mielieland.... in die vorm van springmielies!!
Oupa, 84, sommer op sy rooi 4-wiel motorfiets en sy Jackrussel blaffend van opgewondenheid agterop, het so iets op sy plaas nog nooit beleef nie...wat 'n voorreg...hy lag van oor tot oor!!
"Asemrowend" hoor ons die forograaf se stem. Fotograaf en bruidspaar geniet hul tussen die mielies, die ou opstal, die eeue oue bome en lang grasse.
Gaste word intussen bederf met SOFT SERVE bedien uit die roomyskar wat met sy roomysdeuntjie almal lok, jonk en oud!!
Speletjies word onder die koeltebome en op die ou tennisbaan gespeel om jou sitplek aan die tafel te bevestig.
Dit is tyd vir die onthaal. Formeel gekombineer met eg plaas begroet 3000 wit rose, pragtige kandelare, romantiese kerslig op deftig gedekte tafels en 'n sagte witgedrappeerde feëtjielig stoordak ons met die instap by die groot stoor. "Asemrowend" hoor ons weer iemand sê.
Oorgenoeg heerlike boerekos, vrolike heildronke en meel op die dansvloer!! Formeel en eg plaas...onvergeetlik!!
Wil jy 'n draadjie gaan loop, vind jy die plek verby oupa se SEPERATOR wat as versiering dien, daar waar die deure van sink is en egte outydse plaasemmers as wasbakke dien. Geklee in pikswart broeke, skoene blink gepolitoer, spierwit hemde en swart strikdassies sit die plaasvolk trots handjie by om die groot dag mooi te laat verloop.
Almal kuier tot ounag toe want daar is oorgenoeg van alles...vir liggaam en siel...in liefde tussen vriende en familie op ons sprokiestroue op ons plaas...
en ons is SO DANKBAAR en SO GELUKKIG!!
Dankie dat jy saam gestap het deur ons sprokiestroue.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery