saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Esther Venter (Kotze)

Esther Venter

Married on Mar 7, 2015

Ons troudag was alles en meer as wat ek ooit gedroom het.
Uiteindelik trou ek met die man wat my aandag getrek het, die man van my drome en die liefde van my lewe. Na maande se fyn beplanning, rokke pas, papier hartjies knip en woestynrosies kweek, het ons dag aangebreek. Kleurvol, warm (letterlik) en vol emosie. Almal vir wie jy lief is en omgee is gelyktydig op dieselfde plek bymekaar . Skielik word herinneringe deur ou vriende in jou losgemaak waarvoor jy nie gereed is nie. Ek was gelukkig besig om aan te trek, maar my stomme man moes kort kort vlug om van die mense en die trane ontslae te raak.
Dit gebeur sekerlik net een keer in ‘n mens se leeftyd. Op jou trou dag.
Vooraf het die hele familie ingespring om elke naam by sy sitplek te kry, elke blompot op sy plek te sit en ook om seker te maak dat die tafels presies lyk soos wat ek dit wou he. Gelukkig het Rustic Ribbons my vertroue gewen en het ek alle dekor besluite in hul bekwame hande gelos. Ek was weer soos n dogtertjie opgewonde, nie net omdat ek met my droom man trou nie, maar ook oor my ROK!. Na ek hom in ‘n tydskrif gesien het, het ek geweet dit is die rok wat ek MOET dra. Ek kon nie langer wag om my Maggie Sottero rok aan te trek nie.
Skielik stap ek saam my Pa in n emosionele paadjie af. Dis was oorweldigend en n mens kan nie die trane van blydskap en liefde keer nie. My arme bruidegom was n wrak.
Na die seremonie het die gaste hulself met drankies gehelp en kon die honger manne aan n heerlike brood tafel begin peusel. Ek het nie regtig omgegee wat hulle doen nie, ons was GETROUD!!!.
Nikki Meyer is ‘n ongelooflike fotograaf en het die mooiste foto’s geneem. My man kon nie verstaan hoekom hy die heeltyd op die grond moes le en wat presies hy daar in die verte moes sien nie. Vandag is hy die eertse een wat die foto album uitruk wanneer ons gaste kry.
Die onthaal was gesellig en die toesprake baie “entertaining.” Die hoogtepunt was Riaan se toespraak, uit die hart, snaaks en dankbaar. Na ‘n ongelooflike lamskenkel het ek en Riaan die dansvloer en die res van ons lewens saam ge-open.
En dan, in ‘n oogwink, is jou dag verby.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to see the 2015 competition results!

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Caren Fourie

Caren Fourie

Marriage holds great value. I am very passionate about it. Always remember whatever you pour your energy, time and money into will draw your heart. Write letters, buy gifts, go...