saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Anieka van Schalkwyk (Grobbelaar)

Anieka van Schalkwyk

Married on Mar 21, 2015

Ek het 21 Maart met my "High school sweetheart", Ruan by Blue Bay Lodge, Saldanha getrou.

Die blou water en wit sand in die agtergrond het meegewerk om ‘n baie romantiese atmosfeer te skep.

Ons troue was klein maar baie intiem gewees. Ons kon die mooiste dag in ons lewe deel met ons beste vriende en familie. Ons is baie dankbaar dat ons, ons liefde van 7 en `n half jaar met hulle kon deel en voor almal trou kon beloof. Wat ‘n voorreg was dit nie!!!

My gunsteling kleur is pienk en dit het baie mooi saamgewerk met die pienk van die perfekste sonsondergang terwyl ons kaalvoet fotos op die strand geneem het. Ons gaste kon hulle verfris met pienk lemonade en klein happies terwyl hulle op die bruidspaar gewag het.

Die tafels het pragtig gelyk met eiland name, skulpe, sand en woestynrosies wat ingepas het by ons see tema. Ons gaste het heerlike gesmul aan die heerlike kos en nagereg en daarna het almal tot laat aand gedans en grappies by die photo booth gemaak.

My trou rok was pikswart teen die einde van die aand wat ‘n teken is dat ek my heel mooiste dag vreeslik geniet het.

Ek wou net nie dat my sprokiesdag eindig nie en wens ek kan dit weer herleef.

Ek sal my troudag vir ewig koester <3

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used