saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Elzane Jansen van Vuuren (Du Plessis)

Elzane Jansen van Vuuren

Married on Dec 5, 2015 in Gauteng

Na ons verlowing het ek gesoek na ‘n plekkie waar ons in die natuur is en ek tog nog ‘n prinses kan wees. Die oomblik toe ek onder die bome en ryk plantegroei deurloop, die reuk van die mos kry, die eendjies en ganse sien by die visdammetjie, die kapel en die ‘wow’ saal, het ek geweet hier is ons spesiale stukkie aarde waar ons trou aan mekaar gaan beloof – Pheasant Hill – ‘n asemrowende venue met alles waarna ek gesoek het - die Vintage en die Middeleeus. Hier het my prentjie kleur gekry:
my man van my drome, my verloofring wat hy gekies het sonder dat ek hom vertel het hoe die prentjie lyk wat ek vir lank gebêre het; my rok net soos ek daarin wou voel, sag en lig; my hare wat my vriendin gedoen het; die blomme deur my tannie gedoen (al die pad gekom vanaf Australië); al my vriendinne van laerskool wat almal my bruidsmeisies moes wees, saam my twee oulike sussies 8 in totaal!; my een sus wat maid of honor was het die koek en 100 cupcakes ook gebak!; ons families van naby en van baie ver; ons spesiale vriende; die venue so prentjiemooi, netjies en lowergroen, die saal in kleure van silwer met ‘n tikseltjie mint en lilac; die seremonie gelei deur my neef; en dan veral koester ek die saamkuier, lag, eet, dans met al ons dierbares tot ouma ingesluit … alles só kosbaar … só my ‘fairy’-droom!
. Die liefde seevier. Ek kan vir niks meer vra – net dankie sê dat God ‘n God van liefde is en ons sy kinders is. Ek kan net dankie sê vir ‘n wonderlike familie aan beide kante met hegte familiebande wat ons liefde ondersteun en absoluut uitreik.
En dan as lewenslange herinnering vir ons en ons kinders het ons die mooiste foto’s, geneem deur Christopher Munton en het ons ook ‘n video van die seremonie

 

Voting has closed for Bride of the Year 2015

Click here to open the 2015 competition page

Wedding Gallery

 

My Captured Moments

Wedding Services Used

 
Pheasant Hill

Pheasant Hill

Pheasant Hill Wedding venue and boutique hotel is situated just outside Irene