saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Zanelle Kruger (Kotze)

Zanelle Kruger

Married on Nov 7, 2015

Die son wat stadig tussen die Franschhoek berge sy gesig wys, die reuk van lavender en groen wingerde wat strek so ver soos die oog kan sien. Dit was die kunswerk wat my sintuie moes verwerk die oggend voor die troue. Die groot dag het uiteindelik aangebreek.

Na 'n jaar se beplanning, al ons vriende en familie al die pad van Pretoria na Franschhoek, kon ek vir die eerste keer ontspan en uitsien na die dag wat ek met my beste vriend, konfidant en liefde trou.

'n Oggend vlieg verby en voor ek weet staan ek voor hom. Die man met wie ek die res van my lewe gaan spandeer. Geen angs, geen stres, geen kommer. Net opwinding, liefde en dankbaarheid vir wat was, is en nog voor ons le.

Die seremonie en onthaal het seepglad verloop. Soos ware Pretorianers was dit vol humor, dans en liefde. Die beste Franschhoek wyn, gekoppel met 'n top onthaal by Haute Cabriere wynplaas het ons wildste drome oorskry.

As die begin al so onvergeetlik is, kan ek net uitsien na 'n wonderlike toekoms met my sielsgenoot.


 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to see the 2015 competition results!

Wedding Gallery