saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Luzaan Rossouw (van Zyl)

Luzaan Rossouw

Married on Nov 14, 2015

Ons troudag het al ons verwagtinge en wense oortref! Dit was eerlikwaar die beste dag ooit.

Ons troue was gehou by Bakenhof Wynlandgoed in Wellington. Dit is die pragtigste gebou wat perfek by my en Shaun se styl pas. Die kerk en onthaal area was die perfekte samestelling van n moderne gevoel met al sy gróót vensters orals en skoon lyne; die warmte van die Franse ‘vintage’ styl met die chandeliers, hout dek, klavier tot die groot banke vir gemaklik sit en gesels, en dan natuurlik die pragtige wingerde en wat alles omring.

Ons het die ons sermonie in die pragtige kerkie gehou en ons liefde daar bevestig. Die onthaal was n sprokiesverhaal. Die tafels en décor het die tema ‘klassieke, sagte romanse’ perfek weerspieël. Ons het n verskeidenheid van blomme in sagte wit, nude pienk en grys op die tafels geplaas met kerse tussen vir die romantiese gevoel. My suster het vir ons fantastiese naamkaartjies en sefs n logo ontwerp wat ook op die tafels uitgestal was. Ons familie en vriende het bygedra tot ons geluk en ‘n atmosfeer van opgewondenheid.

Die troudag was niks anders as ‘n fees nie! Ek en Shaun het elke oomblik geniet en het so ongelooflik geseënd gevoel om die dag met al ons gunsteling mense te kon deel.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to see the 2015 competition results!

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Bakenhof Winelands Venue

Bakenhof Winelands Venue

Crowned as one of the “Top 10 Wedding Venues in the Winelands”, this glamorous glass venue offers unbeatable value and magnificent views