saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Carol Vorster (Geldenhuys)

Carol Vorster

Married on Sep 13, 2014

Dit was die beste dag van my lewe. Ek en my sussie het die aand voor die tyd by die venue, Three Rivers Lodge Vereeniging, oorgeslaap en saam die strooimeisies ‘n lekker “slumber party” gehou. Die oggend is ek en sy al vroeg op van opgewondenheid en het toe dadelik reg gemaak vir ontbyt. Ek moet sê dit was nogal ‘n stil ontbyt, want toe weet ons nie of ons moet huil of moet giggel nie. Toe die res van die strooimeisies daar aankom, was ek toe nog heel kalm, todat ek my ma gesien het, dis toe die bietjie stress opkruip. Maar die 4 nefies het darm gehelp dat dit vinnig verdwyn. Die opgewondenheid het my begin insluk toe hulle besig was om my klaar te kry, en toe ek in my perfekte rok in klim, het ek geweet, die gaan ‘n onvergeetlike dag wees. My pa het my by die kamer kom haal, en het heel “handsome” gelyk, en dis toe die 4 nefies nie meer help nie. Ons het ons paaitjie begin stap na die tuin seremonie, onder die mooiste groen bome en die sagste gras met die reuk van lente wat in die lug hang. Toe die kerk klok lui en die trou mars aan breuk, het my pa my hand gegryp en vir my gesê dat hy baie trots is op ons, en dis toe die trane begin valk lê. Maar toe ek op kyk en in die man van my drome se oë in vaskyk het die grootste “butterfly” nog ooit my maag rond gevlieg. Sy emosionele gesig, met oë vol trane en die onder lip wat bewe, het my in die hemel in geskiet. Ek kon nie vir ‘n beter reaksie vra nie, want daai oomblik is die oomblik wat ons altwee geweet het ons is bedoel vir mekaar. Na die snaakste diens ooit het ons ‘n foto sessie ingewerk. Dit was baie pret, veral as die fotograwe grappies maak dat jy nie kan ophou lag nie en as jy ‘n 1940’s Chev kar het om jou die “Old Hollywood” gevoel te gee. Ons het ons pad na die onthaal aangestap en soveel komplimente gekry oor ons dekor, wat ‘n “Old Hollywood Glam” tema was, dat nie een van ons kon wag om in te stap en lekker te partykie nie. Ons het ons gunstilling films gebruik as tafel name, vere en krale vir die tafel dekor, met lace tafel loopers en kerse wat die romantiese gevoel gee. Ons kleur skema was swart en wit met so tiksilkie rooi vere in die ruikers op die bruids tafel. Ek dink my inspirasie was die feit dat ek so mal is oor daardie era, kon ek nie anders as om dit by my spesiale dag in te werk nie. Almal het die kos vreeslik geniet en die musiek was uit die boonste rakke. Die “foto booth” was ‘n groot sukses en ons seremonie meester het almal op die punt van hulle stoelle gehad met sy grappies.
Dit was sonder enige twyvel die beste dag van my lewe.

 

Voting has closed for the 2014 competition!

Click here to see the 2014 competition results!

Wedding Gallery