saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Adele Janse van Rensburg (Du Toit)

Adele Janse van Rensburg

Married on Sep 6, 2014

"Verbeel jou 'n man wat so gefokus is op God - dat die enigste rede hoekom hy op gekyk het, was omdat God gefluister het..dis sy!" - Ons sprokiesdag het uiteindelik realiteit geword op 6 September 2014 by Fancourt Estate in George. 'n Pragtige sonskyn dag, gevul met geluk, liefde, vriende, familie, 'n groooot besluit en my Prins! Drome is wense wat jou hart maak as jy slaap... en nooit het ek gedink dat my droom so bewaarheid sal word - want God het regtig die Beste vir my uitgehou - en dit was my manlief - Hendrik! My rots, my inspirasie en liefie! God is so 'n "gentleman" dat Hy so 'n ongelooflike lewensmaat en dag aan my en ons geskenk het! Definitief 31 jaar se wag wat die moeite werd was. Ek sal ons troudag vir niks verruil, en 'n duisend keer weer Ja se, netso oordoen en niks verander...dit was ons droomdag! Ons was so bevoorregt om dit saam met albei se ouers, familie en vriende te deel en om uiteindelik ons huwelik saam met God te begin! ..."Twee hart, twee siele, twee lang paaie het een geword" en dis "awesome" om getroud te wees! Baie dankie aan almal wat deel was van ons spesiale dag en alle Eer aan God! Liefde Adele en Hendrik xx

 

Voting has closed for the 2014 competition!

Click here to see the 2014 competition results!

Wedding Gallery